SA dansers blink uit by Dance World Cup

Loading player...
Suid Afrika het deel geneem aan die Dance World Cup in Dublin waar hulle 44 medaljes verower het en algeheel sesde geindig het.
Die Nu Dance studio in Constantia Park was verantwoordelik vir omtrent 35 van dié medaljes.
Die kinders oefen ongeveer 20 ure n week en dit het gewys as mens na die resultate kyk! Die eienaars van die dansateljee, Evan van Soest en Nelmari Bornmann, het saam met twee dansers, Joshua Grové en Denay Welgemoed met Sarina kom gesels oor wat dit verg om jou land op dié vlak te verteenwoordig.
27 Jul 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Centurion Urban Sketchers

Het jy al ooit iemand in 'n koffiewinkel, park of op 'n straathoek sien sit en mense of geboue sien skets? Wel, dit is presies waaroor Urban Sketchers gaan – om die wêreld om jou vas te vang, nét soos jy dit op daardie oomblik beleef. Vandag kuier Ilze du…
31 Jul 6AM 8 min

Wêreld Vriendskapsdag

30 Julie is Wêreldvriendskapsdag – 'n dag wat ons herinner aan die belangrike rol wat vriendskap in ons lewens speel. Gesonde vriendskappe kan ons emosionele welstand versterk, ons deur moeilike tye dra en selfs ons fisieke gesondheid bevoordeel. Maar hoe lyk 'n gesonde vriendskap, en wanneer is dit tyd om…
30 Jul 7AM 14 min

VERSKILMAKERS: Kaalkopkjint

Vir baie mense is hare bloot deel van hul voorkoms. Maar vir mense wat met alopecia leef, is die pad dikwels gevul met vrae, misverstande en selfs stigma. Uit haar dogter Kqiara se reis met Alopecia Universalis is Kaalkopkjint – Bald • Brave • Beautiful gebore – 'n inisiatief wat…
30 Jul 6AM 10 min

GROOTGEE - Die Hoërskool Menlopark

Vanoggend was die GROOTfm 90.5 span by Die Hoërskool Menlopark, as deel van die GROOT Gee, maar ook as deel van Mnr Kobus Hartman, Die Skoolhoof, se verjaarsdag.
28 Jul 5AM 4 min

ABC van Ouerskap: K - Karstoeltjieveiligheid

Ons is vandag by die letter K in ons ABC van Ouerskap, en K staan vir karstoeltjieveiligheid. 'n Karstoeltjie is een van die belangrikste beleggings wat ouers kan maak om hul kinders veilig te hou, maar baie stoeltjies word ongelukkig verkeerd gebruik of te vroeg verruil. René Grundlingh van The…
28 Jul 3AM 15 min