
VERSKILMAKERS: Kaalkopkjint
Loading player...
Vir baie mense is hare bloot deel van hul voorkoms. Maar vir mense wat met alopecia leef, is die pad dikwels gevul met vrae, misverstande en selfs stigma. Uit haar dogter Kqiara se reis met Alopecia Universalis is Kaalkopkjint – Bald • Brave • Beautiful gebore – 'n inisiatief wat bewustheid, begrip en aanvaarding wil bevorder. Vandag gesels ons met Theresa Russell, die dryfkrag agter Kaalkopkjint, oor hoe ons almal kan help om 'n meer inklusiewe gemeenskap te bou.


