
Aktualiteit: Gaan dit sneeu in Pretoria?
Loading player...
Gaan Gauteng volgende week onder 'n kombers sneeu wakker word? Dit is die vraag wat die afgelope paar dae op almal se lippe is nadat vroeë weermodelle sneeu oor byna die hele land voorspel het. Intussen het die voorspelling egter verander, en om vir ons te help verstaan hoe hierdie weermodelle werk en wat ons werklik kan verwag, gesels ons met Michelle du Plessis van VOX Weather.


