
Vrouemaand-inspirasie: Gerridene Berg
Loading player...
Vrouemaand gee ons die geleentheid om die ongelooflike vroue in ons lewens te vier, maar ook om vir 'n oomblik stil te staan by wat dit regtig beteken om vandag 'n vrou te wees. Die vreugdes, die uitdagings, die druk en die voorreg. Vandag kuier Gerridene Berg by ons en ons gesels oor vrouwees, skuldgevoelens, identiteit en die waarde van elke vrou.

