
ABC van Ouerskap: N- Noodhulp
Loading player...
Ons is by die letter N in ons ABC van Ouerskap, en N staan vir Noodhulp. Van verstik en brandwonde tot valletjies en koors – ongelukke gebeur dikwels wanneer 'n mens dit die minste verwag. Daarom is basiese noodhulpkennis een van die waardevolste vaardighede wat enige ouer of versorger kan hê. Dr. Engela Niesing gesels vandag met ons oor wat elke ouer behoort te weet.

