Snoete-goete: Animal Ambulance

Loading player...
Daar is min dinge wat ’n mens se hart so breek soos ’n dier wat deur mense mishandel of verwaarloos is. Die Animal Ambulance bied al meer as twee dekades lank ’n veilige hawe vir hierdie diere, maar vandag is hulle self in ’n stryd om kop bo water te hou. Hulle versorg tans sowat 170 diere, waarvan baie ernstig mishandelde volwasse honde is, en die koste van kos, water, elektrisiteit en versorging stapel op. Sarina met stigter Maria Henning oor die werk wat hulle doen.
21 Aug 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Emosioneel volwasse leierskap: Anja van Beek

'n Leier se emosionele volwassenheid beïnvloed veel meer as net die atmosfeer in die kantoor – dit bepaal hoe veilig mense voel, hoe konflikte hanteer word en selfs hoe produktief 'n span is. Sarina gesels met leierskaps- en HR-kenner Anja van Beek oor hoekom emosionele volwassenheid een van die belangrikste,…
21 Aug 6AM 14 min

VERSKILMAKERS: Hartloop vir hoop

Van 1 September tot 9 Desember word HartLoop vir Hoop aangebied – 'n 100 dae lange uitdaging waar die doel is om saam 100 000 kilometer te stap en hardloop ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Groter Centurion-streek. Liani Louw van Helpende Hand en Rupert van Vuuren van Green…
20 Aug 6AM 10 min

ABC van Ouerskap: N- Noodhulp

Ons is by die letter N in ons ABC van Ouerskap, en N staan vir Noodhulp. Van verstik en brandwonde tot valletjies en koors – ongelukke gebeur dikwels wanneer 'n mens dit die minste verwag. Daarom is basiese noodhulpkennis een van die waardevolste vaardighede wat enige ouer of versorger kan…
18 Aug 6AM 12 min

Snoete-goete: Olifantuitdunning

Ons kyk ons na 'n onderwerp wat nie net oor olifante gaan nie, maar ook oor Suid-Afrika se bewaring, toerisme en internasionale reputasie. ’n Nuwe opname wys dat 60% van internasionale toeriste dit sal oorweeg om eerder ’n ander land te besoek indien olifantuitdunning in Suid-Afrika hervat word. Dr Audrey…
14 Aug 4AM 7 min

ABC van Ouerskap: M - Moedertaalonderrig

Ons is vandag by die letter M in ons ABC van Ouerskap, en M staan vir moedertaalonderrig. Navorsing wys dat kinders wat in hul moedertaal leer, dikwels 'n sterker akademiese grondslag ontwikkel en met meer selfvertroue leer. Maar waarom is moedertaalonderrig so belangrik, en wat beteken dit vir kinders se…
13 Aug 4AM 10 min