Maandag, 26 Oktober 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Dertien miljoen Namibiese dollar ... dis wat die bek-en-klouseer uitbreking in die Karasburg-distrik die land oor ses maande kan kos. Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus. Ons berig ook oor planne om nuwe staatshospitale te bou.
25 Oct 11PM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Donderdag, 12 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Is Namibië se nismarkte vir tafeldruiwe en dadels in gevaar met Suid-Afrika wat na nuwe afsetgebiede soek omdat sy Agoa-status in gedrang is? Ons gesels met Simonis Storm-ontleder, Almandro Jansen. En moet die regering 'n aandeel in Namibiese besighede besit? Presidensiële mediasekretaris Jonas Mbambo dink…
11 Nov 11PM 3 min

Woensdag, 11 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Vandag kuier Romé Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, in die KosmosKapitaal-nuusateljee. Hy gesels oor bek-en-klouseer wat reeds September se handelsyfers geknou het, ontleed die moontlike impak van die krisis op landbou se totale waardeketting en kyk hoe 'n droogte die situasie verder sal…
11 Nov 12AM 2 min

Dinsdag, 10 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Skrikwekkende syfers van net hoeveel skade bek-en-klouseer die Namibiese ekonomie kan berokken, is in 'n nuwe model van Cirrus Capital bekend gemaak. En: Daar's 'n nuweling op die Namibiese Effektebeurs! Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus.
9 Nov 11PM 3 min

Maandag, 9 November 2026

Die blou tsunami wat Amerika se rooi Republikeinse Party verlede week in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesingsgetref het, het internasionale oliepryse laat wipplank ry. Maar hokaai!, waarsky Simonis Storm-ontleder, Almandro Jansen: Daar moet nog baie water in die see loop alvorens Namibiërs na verligting in die plaaslike brandstofprys kan uitsien.
9 Nov 12AM 3 min

Vrydag, 6 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer bly 'n belangrike fokuspunt, met die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, wat reddingsboeie van handelsbanke verwelkom. Ons kyk ook na hoe die uitbreking in September reeds inflasie vir vleis in Oktober opgejaag het.
5 Nov 11PM 2 min