Namfisa steun versekering vir almal

Loading player...
Namfisa het die Kaapstad-verklaring oor inklusiewe versekering onderskryf. Die doel is om toegang tot bekostigbare versekering uit te brei, veral vir kwesbare en onderbediende gemeenskappe. Namfisa se uitvoerende hoof, Kenneth Matomola, sê dat versekering vir alle Namibiërs toeganklik moet wees, nie net vir ’n klein groepie mense nie. Woordvoerder Victoria Muranda gee meer besonderhede:
12 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië kritiseer VN oor beëindiging van Wes-Sahara-vredesending

Namibië het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad daarvan beskuldig dat hy die mense van Wes-Sahara in die steek gelaat het, ná die beëindiging van die VN se 35 jaar lange vredesending in die gebied op 31 Oktober. Die Veiligheidsraad kon nie oor ’n verlenging van die sending se mandaat ooreenkom…
13 Nov 12AM 1 min

Springbokke pak Frankryk in belangrike Parys-kragmeting

Die Springbokke kom vanaand in Parys teen Frankryk te staan in ’n belangrike kragmeting in die Nasieskampioenskap. Ná hul oortuigende sege van 66-7 oor Italië het afrigter Rassie Erasmus twee veranderinge aan die span aangebring, met Wilco Louw wat na die beginspan skuif en Cobus Reinach wat op die plaasvervangersbank…
13 Nov 12AM 1 min

ISAP bied Junior Ranger-kamp vir jongmense aan

Intelligence Support Against Poaching (ISAP) bied van 5 tot 13 Desember ’n agt dae lange Junior Ranger-kamp aan vir jongmense tussen 13 en 18 jaar. Die kamp bied praktiese wildernisopleiding, met onder meer spoorsny, navigasie, basiese noodhulp, wildlewekennis en oorlewingsvaardighede. Deelname beloop 7 000 Namibiese dollar per leerder, wat verblyf,…
13 Nov 12AM 1 min

HyIron en Mercedes-Benz ondersoek groenstaalproduksie in Namibië

Namibië se ambisie om 'n rolspeler in die wêreldwye groenstaalbedryf te word, kry verdere momentum deur 'n nuwe vennootskap tussen die Duits-Namibiese maatskappy HyIron en Mercedes-Benz. Die twee maatskappye het 'n ooreenkoms onderteken om die industriële produksie van laekoolstof-yster met behulp van groen waterstof te ondersoek. Volgens Jona Musheko, woordvoerder…
12 Nov 11PM 1 min

Behuising: Voorgestelde projek teiken 50 260 nuwe erwe

Windhoek kan moontlik ’n nuwe woonbuurt in sy noordelike buitewyke kry, met die voorgestelde Monte Christo-ontwikkeling wat 50 260 residensiële erwe kan oplewer. Die projek kom te midde van Namibië se groeiende behuisingstekort en die regering se teiken om binne vyf jaar 50 000 huise te bou. Die ontwikkeling, waarby…
12 Nov 11PM 1 min