
Springbokke pak Frankryk in belangrike Parys-kragmeting
Loading player...
Die Springbokke kom vanaand in Parys teen Frankryk te staan in ’n belangrike kragmeting in die Nasieskampioenskap. Ná hul oortuigende sege van 66-7 oor Italië het afrigter Rassie Erasmus twee veranderinge aan die span aangebring, met Wilco Louw wat na die beginspan skuif en Cobus Reinach wat op die plaasvervangersbank ingesluit is. Erasmus wil voortbou op die span se goeie momentum. SuperSport se Brendan Nel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

