Behuising: Voorgestelde projek teiken 50 260 nuwe erwe

Loading player...
Windhoek kan moontlik ’n nuwe woonbuurt in sy noordelike buitewyke kry, met die voorgestelde Monte Christo-ontwikkeling wat 50 260 residensiële erwe kan oplewer. Die projek kom te midde van Namibië se groeiende behuisingstekort en die regering se teiken om binne vyf jaar 50 000 huise te bou. Die ontwikkeling, waarby Nuvella, Emeraldsands Platforms en die Zimbabwiese eiendomsontwikkelaar WestProp Holdings betrokke is, is by Staatshuis aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah voorgelê. Met die eerste jaar van haar administrasie reeds verby, sê die President dit is belangrik om vordering met die behuisingsteiken te evalueer.
12 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

HyIron en Mercedes-Benz ondersoek groenstaalproduksie in Namibië

Namibië se ambisie om 'n rolspeler in die wêreldwye groenstaalbedryf te word, kry verdere momentum deur 'n nuwe vennootskap tussen die Duits-Namibiese maatskappy HyIron en Mercedes-Benz. Die twee maatskappye het 'n ooreenkoms onderteken om die industriële produksie van laekoolstof-yster met behulp van groen waterstof te ondersoek. Volgens Jona Musheko, woordvoerder…
12 Nov 11PM 1 min

El Niño: Namibië kan 'n uitdagende reënseisoen in die gesig staar

Namibië kan in die komende reënseisoen ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature verwag, namate El Niño in die Stille Oseaan versterk. Seisoenale vooruitskattings dui daarop dat dié toestande tussen Oktober en Maart 2027 oor die grootste deel van die land kan voorkom. Dit kan verdere druk op boere, veeboere en gemeenskappe…
12 Nov 11PM 1 min

Mynbouproduksie daal met 10,7% in September in SA

Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in September met 10,7-persent gedaal vergeleke met 'n jaar gelede. Die afname is hoofsaaklik veroorsaak deur laer produksie van ystererts, steenkool, platinumgroepmetale en diamante. Mynbouproduksie is egter 2,8-persent meer as in Augustus. Juan-Pierre Terblanche van StatsSA sê die verkoop van minerale het gedaal met 4,1-persent…
12 Nov 11PM 1 min

Lutuhezi steun belastingwysigings, pleit vir beskerming van klein ondernemings

IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting van 2025 in die parlement gesteun. Sy sê egter die nuwe wetgewing moet prakties en maklik verstaanbaar wees vir gewone burgers. Dit sluit klein sake-eienaars, soos kapana-verkopers, bestel-by-my verkopers en ander klein ondernemings in. Die wetsontwerp beoog onder meer om ’n onafhanklike…
12 Nov 10PM 1 min