
El Niño: Namibië kan 'n uitdagende reënseisoen in die gesig staar
Loading player...
Namibië kan in die komende reënseisoen ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature verwag, namate El Niño in die Stille Oseaan versterk. Seisoenale vooruitskattings dui daarop dat dié toestande tussen Oktober en Maart 2027 oor die grootste deel van die land kan voorkom. Dit kan verdere druk op boere, veeboere en gemeenskappe plaas wat reeds met watersekerheid en droogtetoestande worstel. Professor Willem Landman, hoogleraar in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, het meer oor die vooruitsigte.

