
Lutuhezi steun belastingwysigings, pleit vir beskerming van klein ondernemings
Loading player...
IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting van 2025 in die parlement gesteun. Sy sê egter die nuwe wetgewing moet prakties en maklik verstaanbaar wees vir gewone burgers. Dit sluit klein sake-eienaars, soos kapana-verkopers, bestel-by-my verkopers en ander klein ondernemings in. Die wetsontwerp beoog onder meer om ’n onafhanklike belastinghof tot stand te bring waar belastinggeskille aangehoor kan word. Dit sal ook die reëls vir belastingadministrasie bywerk. Lutuhezi waarsku dat die nuwe bepalings nie klein ondernemings moet benadeel nie.

