
Ontwrigte Franse span steeds reuse-uitdaging, sê Ox
Loading player...
Rugby: Die Springbok-stut Ox Nché glo Frankryk sal die ontwrigting oorkom van vier van sy losskakels wat beseer is. Kaptein Antoine Dupont verruil die nommer nege-trui vir die nommer 10 in môreaand se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Suid-Afrika in Parys. Maxime Lucu is sy skakelmaat. Nché sê Frankryk het talle gehalte jong spelers wat die afgelope paar jaar deur die range gevorder het:

