
Kapitaal- en pensioenmarkte moet ekonomie dryf: !Gawaxab
Loading player...
Die voormalige president van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, sê Namibië moet meer doen om beleggingsgereedheid te versterk en te verseker dat die finansiële sektor ’n groter rol speel om die land se ekonomiese potensiaal te ontsluit. Hy het by die Regeringsinstellings-pensioenfonds se Pensioen- en Beleggingsimposium in Windhoek daarop gewys dat hoewel die land oor gesonde kapitaal- en pensioenmarkte beskik, dit in ekonomiese groei omskep moet word.

