
'Geen groot verwagtinge' vir Moskou-samesprekings
Loading player...
Die Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner is in Moskou vir samesprekings met die Russiese president, Vladimir Putin, in 'n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Dit volg na die Amerikaanse bemiddelde samesprekings Woensdag ná twee dae geëindig het met 'n ooreenkoms oor uitruil van gevangenes, maar sonder enige deurbraak om die oorlog te stop. Grondgebied bly die grootste struikelblok. Oekraïne het Putin se eis verwerp om die oostelike Donbas-streek oor te gee.Voormalige Russiese diplomaat Yury Lindre het uit Moskou met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

