
Eerste Jeughandelsforum wil jong entrepreneurs bemagtig
Loading player...
Handelminister Selma Ashipala-Musavyi het die eerste Nasionale Jeughandelsforum bekendgestel. Die forum vind op 18 en 19 November in Windhoek plaas, in samewerking met die Namibië Handelsforum en die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad. Die inisiatief fokus op die bemagtiging van jong entrepreneurs om toegang tot plaaslike en internasionale markte te kry, hul ondernemings uit te brei en by te dra tot werkskepping. Ashipala-Musavyi is aan die woord.

