GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
783 Episodes
760 – 780

Elize Cilliers (Koen, Smith) kuier in Gister Se Grotes

Elize Smith, vroeër bekend as Elize Cilliers, was ‘n bekende sangeres in die Afrikaanse musiekbedryf in die 60’s en 70’s. Sy is ook die ma van die bekende sanger en televisiepersoonlikheid, Pieter Koen. Maar sy het intussen self die mikrofoon neergelê en bestuur nou al vir die meer as 30…
11 Mar 2018 10 min

Lida Botha kuier in Gister Se Grotes

Die legendariese aktrise Lida Botha vertel van haar uiteenlopende rolle en haar oomblik met Clint Eastwood. Sy verklap hoe sy en haar akteurman Johan Botha ontmoet het en dink terug aan haar dae as non.
4 Mar 2018 15 min

David Rees kuier in Gister Se Grotes

Die akteur David Rees se grootste droom was om 'n filmster te word. Hy gesels oor sy loopbaan tot dusver en verklap hoe hy in die bedryf beland het. Ons vind ook uit waar hy homself tans bevind en vra hom ook oor sy persoonlike lewe uit.
25 Feb 2018 11 min

Tinus Esterhuizen aka Martin Lane kuier in Gister Se Grotes

Musiekman Tinus Esterhuizen, ook bekend as die pianis Martin Lane, gesels oor hoe hy op die trein geklim het en werk in Johannesburg gaan soek het. Hy meen die lewe is 'n dobbelspel en sê hy is nie bang om kanse te waag nie!
18 Feb 2018 17 min

Paul Luckhoff kuier in Gister Se Grotes

Hy is bekend as oom Wimpie in die kykNET-sepie Binnelanders. Maar Paul Luckhoff is nou al jare lank doenig as akteur op die verhoog, vir radio asook 'n bekende gesig op die kassie en silwerdoek. Hy verklap so paar geheime, ons vind uit wat is sy musieksmaak en het jy…
28 Jan 2018 19 min

Philip Moolman kuier in Gister Se Grotes

Philip Moolman het bekendheid verwerf in reekse soos Sonkring en Skattejag. Hy het vir lank die rol van Andre Vorster in die sepie Egoli vertolk. Hy maak hart oop oor sy vorige huwelike, Die Blouhond, sy musiekloopbaan, 'n nuwe liefde en hy belowe ook dat hy onlangs begin het met…
14 Jan 2018 23 min

Lydia Winchester kuier in Gister Se Grotes

Lydia Winchester is een van Suid-Afrika se bekendste musiekpromotors. Sy het al saam met groot name soos Ge Korsten te doen gehad. Sy vertel hoe sy "ontdek" is deur die suksesvolle musiekvervaardiger Boet Pretorius.
10 Dec 2017 12 min

Tommy Oliver kuier in Gister Se Grotes

Sy grootste treffer was "I wanna live" (uit sy eie pen) wat sommige mense beskryf as die plaaslike country-treffer van die eeu. Hy is al vir meer as 40 jaar voltyds in die musiekbedryf aktief en is vandag nog 'n vegter vir Afrikaans en country-musiek.
26 Nov 2017 12 min

Barbara Ray kuier in Gister Se Grotes

Barbara Ray vertel dat sy al op 15 begin sing het en hoe sy van Skotland in Brakpan beland het. Sy gesels oor van haar grootste treffers, toekennings en loopbaansukses beide hier en oorsee.
12 Nov 2017 11 min

Jannie du Toit kuier in Gister Se Grotes

Jannie du Toit gesels oor Liedjie Vir Jou, Margaretastraat langs die Pretoria dieretuin en sy bydrae tot die Afrikaanse Musiek en Liriek beweging. Hy verklap ook hoe hy en Christa Steyn begin saam werk het.
5 Nov 2017 17 min

The Bellamy Brothers kuier in Gister Se Grotes

Amerikaanse pop en country-musiek duo, The Bellamy Brothers, David Milton en Homer Howard toer eersdaags na Suid-Afrika en Namibië. Hulle verklap dat hul pa eintlik die rede is dat hulle musiek begin maak het en gesels oor van hulle grootste treffers.
29 Oct 2017 8 min

Mynie Grove kuier in Gister Se Grotes

"Sweef soos 'n arend" is een van die beste, maar ook slegste stories in my lewe..." Mynie Grove gesels oor haar loopbaan en beskryf musiek as die klankbaan van die lewe.
22 Oct 2017 23 min
760 – 780