Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,259 Episodes
560 – 580

‘Wees net jou jouself’

“Daar is net een mens presies soos jy – en dis jy! Jy is jy vir ’n rede.” Só sê Aletté-Johanni Winckler, ’n voorkomskonsultant en bestuurder van Girl-School, ’n afrondingskool vir meisies, in die vierde episode van haar podsendingreeks oor etiket, selfbeeld en selfvertroue op Maroela Media. Kom luister hier!
6 Feb 2023 3 min

‘Rianette en die Internet’: Selfies se invloed op jou selfwaarde

In hierdie episode van "Rianette en die Internet" praat Rianette oor die invloed van selfies en hoe dit selfwaarde kan beïnvloed, veral by ons kinder. Dalk staan jy nie ure en foto’s van jouself neem nie, maar dit is wel belangrik om te verstaan hoekom dit so groot tydverdryf is,…
3 Feb 2023 18 min

Luister: Akteurs se hegte band wys op verhoog

Maroela Media het agter die skerms by die geskiedkundige Mark Teater in Newtown, Johannesburg, gaan kuier, waar Cintaine Schutte en Albert Pretorius in die produksie “Tien duisend ton” tot 5 Februarie te sien is.
31 Jan 2023 13 min

Anton Dekker, juweelstem in Afrikaanse skatkis

Op 13-jarige ouderdom was sy stem reeds sterk en bulderend, net soos dié van sy pa en twee broers, vertel die akteur en stemkunstenaar Anton Dekker in Maroela Media se ateljee.
29 Jan 2023 10 min

‘Rianette en die internet’: Só bestuur jy jou aanlyn voetspoor

In die jongste aflewering van “Rianette en die internet” praat Rianette Leibowitz oor die krummels wat jy al langs die kuberhoofweg laat val en sonder jou wete jou digitale voetspoor vorm wat jou in ʼn goeie lig kan stel, of dalk aan die hakskeen kan byt.
26 Jan 2023 16 min

Hoe stel ek myself voor?

“As ons van ʼn jong ouderdom af die regte vaardighede aanleer, kan ons in vreemde situasies meer op ons gemak wees.”
23 Jan 2023 2 min

TV-huisvrou maak hart oop

Terwyl die vure van dwelm- en alkoholmisbruik, gesinsgeweld en depressie rondom haar gewoed het, het Talana Vuren-Kuhn besef dat hoewel haar stukkie goud in die hitte van vorm kan verander, dit nimmer as te nooit sal smelt nie.
19 Jan 2023 15 min

Arts help hartlyertjies al singende

Dr. Wilhelm Lichtenberg is meer as net ʼn dokter; hy het onblusbare geesdrif om sy jong pasiënte se lewens te verander – en dít doen hy deur sy goue stem te gebruik om geld vir hulle operasies in te samel.
13 Jan 2023 15 min
560 – 580