Met derduisende volgelinge op TikTok en Instagram, vermaak dié komiese duo sosialemediagebruikers met droë grappe wat getuig van ʼn jare lange vriendskap wat deur ʼn gedeelde sin vir humor gesmee is.
Maroela Media het met Elizabeth Botha, ʼn mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika gesels. Sy het meer vertel oor die organisasie se Impact India-veldtog en ʼn getuienis van ʼn gelowige in Indië gegee.
Natasha Nagel is weens ʼn traumatiese ervaring reeds as 13-jarige aan okkulte bedrywighede blootgestel, maar glo dit is nou haar roeping om ander teen dié gevare te waarsku.
Die Tiger Wheel & Tyre SA 4x4 and Outdoor Show is om die draai en keer vanjaar terug na die Voortrekkermonument in die hartjie van Pretoria. Marius Opperman, organiseerder van dié geleentheid, het met Maroela Media gesels oor die propvol program én hoogtepunte waarna besoekers van dié skou kan uitsien.
Die akteur Arnold Vosloo en Paul Buys, vervaardiger van die Netflix-reeks “Ludik” het in Maroela Media se ateljee gesels oor die storielyn, uitdagings tydens verfilming en hoe lank dit geneem het om die reeks te maak.
Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die situasie van vervolgde Christene in Indië. Sy deel die inspirerende getuienis van twee Indiese vroue wat ten spyte van erge vervolging steeds hul Christenskap uitleef.
Vicky Kente van Geopende Deure Suider-Afrika gesels nou met Maroela Media oor Vervolgingsondag wat vanjaar op 12 Junie herdenk word. Sy gee die getuienis van ʼn gelowige in Iran en verduidelik hoe jy die herdenking van Vervolgingsondag kan ondersteun.
Aanhangers van die gewilde Afrikaanse sepie, ‘Binnelanders’, kan solank die springmielies, winterkomberse en koppies warm sjokolade gereed kry, ’n splinternuwe seisoen van dié doktersdrama skop vanaand af.
Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het hierdie gebed vir die Solidariteit Beweging geskryf vir die dankdiens op 5 Junie tydens die Solidariteit Beweging se 120-jaar-feesviering. Rouel Beukes het voorlesing van die gebed behartig.
Carel Boshoff, die hoof van die Vryheidstigting, het onlangs sy nuwe boek “Tuiskoms: Waar ons vandaan kom en waar ons heen gaan” bekendgestel. In hierdie podsendingsepisode gesels dr. Wikus Buys van die Begrond Instituut en Paul Maritz met Boshoff oor sy nuwe boek.
Die Engelse “Better Together”-sanger sê ook dat hy baie respek vir die Afrikaanse musiekbedryf het en gedwing word om die taal baas te raak nadat hy sy hart op ʼn Afrikaanse meisie verloor het.
In hierdie laaste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid word daar gekyk hoe vuurwapeneienaars veilig met hul vuurwapens kan reis. Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society SA en stigter van Firearms.co.za, het met Esté Meyer Jansen hieroor gesels.
Sy deel ook waarom sy ná byna 15 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf steeds dieselfde energieke en opregte plaasmeisie is wat in 2007 ʼn oornag sukses geword het.
Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor Vervolgingsondag wat op 12 Junie vanjaar herdenk word. Sy het verduidelik hoe jy by die organisasie se bewusmakingsveldtog betrokke kan raak.
Maroela Media het in hierdie aflewering van ons gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid by Ian Cameron, ʼn kenner van gemeenskapsveiligheid, gaan hoor hoe ʼn mens vuurwapens veilig in jou huis kan berg terwyl daar kinders in die omtrek is.
20 May 2022
7 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.