Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,259 Episodes
740 – 760

Dís nou ware etiket, sê plaaslike butler

Wat presies doen ʼn butler, waar word hulle vandag nog gebruik en waar parkeer koninklikes as hulle in Kaapstad inkopies wil doen? Dít en talle ander vrae word in hierdie insetsel beantwoord.
25 Feb 2022 19 min

Belangrikheid van velsorgroetine

In dié insetsel gesels dr. Vanessa Lapiner oor velsorgroetines, hoe belangrik dit is om een roetine daagliks te volg en hoe dié roetine verander soos wat veroudering plaasvind.
22 Feb 2022 10 min

Ekseem vir jou ook ʼn probleem?

In dié insetsel gesels dr. Vanessa Lapiner oor ekseem, hoe dit verskil van ander velprobleme, waarom dit ontwikkel en hoe dit behandel kan word.
16 Feb 2022 8 min

Janie Bay op fees ná verhoogdroogte

“Daar is ook vanjaar weer ʼn hele klomp vertonings bevestig, wat skoon vreemd voel ná die stilte van die twee jaar wat ons gehad het weens die pandemie. Ek is baie opgewonde daaroor.”
16 Feb 2022 7 min

Afrikaans se kreatiefstes in kommunikasie binnekort vereer

Solidariteit se gilde vir kommunikasie en bemarking bied vanjaar die tweede formele #GoeieGons-toekennings aan. Marisa Engelbrecht, sektorhoof van Solidariteit Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns, het in die ateljee met Maroela Media kom gesels oor wat die toekenningsgeleentheid behels.
14 Feb 2022 7 min

Vervolgde Christene benodig gebed

Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor dié organisasie se jongste Wêreldwaarnemingslys en ʼn storie van die dapper Bae wat steeds haar geloof beoefen te midde van vervolging in Noord-Korea.
11 Feb 2022 7 min

Mila Guy nou ook aanbieder

“Ek het op elke troue gehuil en ek wou op elke troue dans. Daar was lekker kos en oulike mense. Dit was lieflik.”
4 Feb 2022 10 min

TikTok-sensasie Wynand Kotze vertel oor eenmanproduksie en internet

“Jy kan nie so ernstig wees oor alles nie. Ons is in hierdie seisoen – wêreldwyd eintlik, maar veral in Suid-Afrika – waar mense nie meer lag nie.” TikTok-ster, Wynand Kotze oftewel Wynvirdiepyn, is tans besig om met sy soloproduksie "Tiektok" deur Suid-Afrika te toer en dié komediant het in…
4 Feb 2022 9 min

Hoof van AHMP praat oor matrieksukses

Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria het 850 onderskeidings in die afgelope matriekeksamen ingepalm. Marna Jordaan, hoof van AHMP, loof die matrieks se sukses.
21 Jan 2022 1 min

100 jaar se Affies-meisies-staaltjies

Danielle Heyns, een van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria se adjunkhoofde, en Louisa Slabbert, media-inligtingkundige van die skool, het in ʼn onderhoud met Maroela Media lusmakers uit die gedenkblad, getiteld ‘Afrikaanse Hoër Meisieskool 1920 – 2020: eenhonderd jaar van uitnemendheid’, gedeel.
17 Jan 2022 15 min
740 – 760