Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,205 Episodes
760 – 780

Vervolgde Christene se ervarings is rigtingwysers

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die lesse uit die vervolgde kerk uit lande soos Sirië, Egipte, die Arabiese Skiereiland, Indië en Irak.
17 Jun 2021 8 min

Vox-kamerkoor bekoor met Paasoratorium

Franco Prinsloo het in die Maroela Media-ateljee kom kuier en gesels oor sy musikale verwerking van ‘Kruis van liefde’ wat deur die Vox-kamerkoor opgevoer word. Bly ingeskakel, want die onderhoud word uitgespeel met ʼn klankgreep uit die Paasoratorium.
15 Jun 2021 12 min

Luister: Wenke vir eerste huiskopers se soekproses

Maroela Media gesels weer met Francois Janse van Rensburg, die skrywer van die boek "The Property Buying Process in South Africa". Francois gee wenke vir die soekproses van jou eerste eiendom, verduidelik wie almal betrokke is by die aankoop van jou huis en gee meer inligting oor die verskillende soorte…
11 Jun 2021 16 min

Nadia Vorster sê: ‘Jy is perfek net hoe jy lyk’

Die sanger Nadia Vorster het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor selfliefde, selfbeeld en hoe ʼn verhouding met God dit kan verander. Bly ingeskakel want die onderhoud word uitgespeel met die snit “Hoe jy lyk”.
11 Jun 2021 7 min

Luister: Die Kinderwet, gesinshereniging en pleegsorg

Henda van der Merwe van die CMR Gauteng-Oos het ʼn paar vrae beantwoord oor die verwydering van kinders uit ouerhuise, asook die gesinsherenigingsproses. Sy het meer oor die Kinderwet vertel en die rol van pleegsorgouers bespreek. Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met haar telefoniese hieroor gesels.
9 Jun 2021 15 min

Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?

Om ʼn huis te koop kan veral vir ʼn eerste-keer-koper ʼn ingewikkelde en intimiderende proses wees. Die proses kan selfs so frustrerend wees dat dit sommer net ʼn reuse-beslommernis word. Francois Janse Van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié…
3 Jun 2021 13 min

50 jaar van diens aan vervolgde Christene

Geopende Deure Suider-Afrika vier op 10 Mei sy 50ste bestaansjaar. Dié sendingsorganisasie werk die afgelope 50 jaar saam met die kerk in Suider-Afrika om vervolgde Christene in talle lande oor die wêreld heen te versterk en te ondersteun. Jan Gouws het van sy hoogtepunte in die jare by die organisasie…
4 May 2021 8 min

Boer kry ʼn vrou … én ʼn sangmaat!

Die immergewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het vanjaar iets baie meer spesiaal opgelewer as nét ʼn boer wat die regte pasmaat gevind het om sy lewe mee te deel.
16 Apr 2021 12 min

Hoe hou Wagter wag?

Hoe gaan dit met die werkende hond in Suid-Afrika, en hoe lyk hierdie honde se verhouding met hul hanteerders? Anton Coetzee is tans by ’n navorsingsprojek betrokke wat die welstand van die werkende hond in Suid-Afrika ondersoek. Sy navorsing wil juis antwoorde op hierdie soort vrae verskaf en hy het…
14 Apr 2021 11 min

Help om 280 boere se kinders op skool te hou

Ds. Deon van der Berg, stigter van Beginet, het Esté Meyer Jansen van Maroela Media vertel van die uitdaging om R4,9 miljoen se skoolgeld in te samel om boere van die droogtegeteisterde Noord-Kaap te help om hul kinders vir die volgende jaar op skool te hou.
14 Apr 2021 6 min

Geopende Deure Suider-Afrika vier 50 jaar van geloof, hoop

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die organisasie se besonderse mylpaal. Gouws vertel ook hoe jy kan deel in hulle feesvieringe vir inspirasies en getuienisse uit die vervolgde kerk.
13 Apr 2021 8 min

Maroela se landbouportaal skep ’n tuiskomplek vir boere

Boer, Maroela Media se splinternuwe landbouportaal, sal lesers wys dat landbou in Suid-Afrika iets is om op trots te wees. Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, en Du Preez de Villiers, Maroela Media se landboujoernalis, het met Esté Meyer Jansen gesels oor dié landbouportaal wat in April op die…
7 Apr 2021 9 min

Só lyk die wêreld van bendes

Hoekom groei bendes steeds? Wat lok ʼn kind so jonk as twaalf na ʼn bende, en hoekom slaag sommige daarin om tog uit die kloue van die “gangs” te ontsnap? Die skrywer Carla van der Spuy het in haar jongste boek met geharde, en gerehabiliteerde bendelede gesels en lê so…
12 Mar 2021 15 min

Kan geld geluk koop?

Albert van Wyk het op skool reeds sy eerste tree in entrepreneurskap gegee, en as 22-jarige het hy reeds sy eerste miljoen in die sak gehad. Tog kom hy uit ʼn doodgewone middeklashuis in Pretoria se goeie ou Moot-omgewing. In sy jongste boek maak hy boonop die kontroversiële stelling dat…
12 Mar 2021 14 min

Tania Strauss: Haal asem en weet God wil jou vashou

Tania Strauss, is ʼn gospelsangeres en motiveringspreker, asook die stigter en direkteur van die Annebel-stigting. Sy is ʼn ma van twee kinders en ook ʼn skrywer. Haar jongste boek “Haal asem” is ʼn kykie na die lewe in ʼn doodgewone huisgesin en dit bevat ook haar eie persoonlike getuienis van…
12 Mar 2021 22 min
760 – 780