Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,259 Episodes
760 – 780

Bokse van hoop bied vertroosting aan ouers

Nanki Robbertse het ʼn uitreikprojek begin waar sy bokse van hoop vir ouers verskaf wat ʼn baba verloor het. Sy het ook ʼn boek oor haar eie verlies geskryf. Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met haar oor die projek gesels.
15 Dec 2021 18 min

Vertel jou stories oor die Grensoorlog in klank

Diensplig.org is ʼn platform waar Anelia Heese oudsoldate en hulle geliefdes se verhale oor die Grensoorlog in klankformaat wil vaslê. Sy het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels.
15 Dec 2021 8 min

‘Permitted Plundering’ boeiende opsomming van staatskapingsjare

Dit is onmoontlik om die omvang van staatskaping in een boek weer te gee, maar dié boek gee ʼn uitstekende oorsig van hoe die legkaartstukke inmekaarpas.Christel Cornelissen van Maroela Media het met die skrywers Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke gesels. Heyneke is Outa se staatskapingskenner en het navorsing vir die…
15 Dec 2021 5 min

’n Plan vir finansiële welvaart

In Wouter Snyman se gesprek met Maroela Media het hy praktiese raad gegee oor hoe jy skuld kan delg. Hy het ook ʼn eenvoudige plan verskaf om jou eerste spaar- of beleggingsplan aan die gang te kry en jy kan dit doen met so min as R5 per dag.
14 Dec 2021 18 min

Breinprofiel en geldsake: So werk jy met jou geld

Dr. Raché Rutherford is een van die medeskrywers van die boek "Rich Brain, Poor Brain". Sy het die boek saam met, dr. Kobus Neethling en Wouter Snyman aangepak. In die boek wil hulle lesers toerus met praktiese raad oor hoe om jou denke te belyn om vir jou groter finansiële…
14 Dec 2021 11 min

Kenner gesels oor broodbome

Tilania du Preez is ʼn kenner van broodbome. Sy het vroeër vanjaar met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels en ʼn paar feite oor die besonderse plantspesie verskaf. Tilania het ook van die Broodboom-stigting se planne vertel om ʼn tuin met die plante by die Voortrekkermonument aan te lê.
14 Dec 2021 15 min

‘Hotel’-akteurs sê vaarwel

Maroela Media het met Beer Adriaanse en Simoné Pretorius gesels oor hulle karakters in die gewilde kykNET-komediereeks ‘Hotel’.
13 Dec 2021 4 min

Bordspel verken Anglo-Boereoorlog

“Ons kultuur en erfenis verdien net die beste. Ek wil graag hê die bordspel moet ʼn bydrae lewer, veral ook tot die uitbou van Afrikaans.”
10 Dec 2021 6 min

Bring hoop aan kinders van die vervolgde kerk

Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die vervolging van Christen-kinders. Sy het die verhale van twee kinders wat ernstige vervolging oor hulle geloof ervaar gedeel.
9 Dec 2021 6 min

Gee vonk van hoop vir vervolgde Christen-kinders

Vervolgde Christene elders in die wêreld se Kersfeesviering verskil aansienlik van dit waaraan ons gewoond is. Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die organisasie se Kersfees-veldtog wat ʼn mens opnuut bewus maak van hulle bystand aan vervolgde Christene in hierdie tyd.
10 Nov 2021 6 min

Kies dié grootste Afrikaanse grap uit die top-10

Kom kyk nou na die top-10‑grappe, lag heerlik saam en stem vir jou gunsteling‑ Afrikaanse Grap van Alle Tye. Eugene Lottering van Maroela Media het in die ateljee kom draai en oor die soektog na die grootste Afrikaanse grap gesels. Kom luister ook saam na ʼn grap wat Johny Klein…
8 Nov 2021 8 min

Benader jou fiksheid só

As jy jou liggaam jare lank verwaarloos het, kan jy nie onmiddellike resultate verwag as jy weer begin oefen nie, maar met toewyding en ʼn goeie afrigter aan jou sy kan jy wel vinnig vorder. Adriaan en SD Heijns staan aan die stuur van die Hybrid High Performance-sentrum by Weiveld…
5 Nov 2021 10 min
760 – 780