Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,206 Episodes
840 – 860

Gedra deur gebed in Mianmar

Jan Gouws van Geopende Deure Suider-Afrika het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die onskatbare krag van gebed vir vervolgde Christene wêreldwyd. Gouws het ook die getuienis gedeel van hoe gebed ʼn verskil maak in ʼn Christenvrou se lewe in Mianmar. Luister die volledige onderhoud boaan hierdie…
8 Oct 2020 8 min

Beplande kortfliekprojek werp lig op plaasaanvalle

Wat gebeur met die verwoesting wat in plaashuise gesaai is nadat ʼn boer, sy vrou of ʼn gesin op wreedaardige wyse aangeval of vermoor is? Hoe sal dit jóú raak as jy die toneel moet gaan skoonmaak? Dian Weys, Nicola Hanekom en Albert Pretorius gesels oor ‘Plaashuis’, ʼn beplande kortfliek…
24 Sep 2020 6 min

Brandhout vir die Oudag: ʼn Reisverhaal oor San Gimignano

In die reeks Brandhout vir die Oudag vertel Marius du Plooy, ʼn radio-omroeper, TV-man en toerleier, van ’n klompie wonderlike ervarings wat hy en sy toerlede al die wêreld vol gehad het. Die eerste storie handel oor wat hy ervaar het in een van die pragtige Toskaanse dorpies toe hy…
18 Sep 2020 3 min

Annelise de Jager: ’n Vrou wat glo in die krag van welsynsorganisasies

Annelise de Jager het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die wêreld van welsynorganisasies en waarom sy deesdae opleidingsgeleenthede vir mense in hierdie bedryf skep. Getrou aan Annelise se aard, deel sy ook ʼn hand vol hoop en wysheid oor moedhou, aanhou en uithou.
17 Sep 2020 23 min

Onderwys in gesprek: Fokus op geletterdheid en waarde van lees

Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, gesels in die jongste aflewering van Onderwys in gesprek juis oor die waarde van lees. Bloem het met Aneh van der Berg, departementshoof van Tale by Amberfield College, gepraat oor die belangrikheid van lees. Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur by Maroela Media, gee ook…
15 Sep 2020 8 min

My kind sukkel met sy gehoor, taal en spraak – wat nou?

Tanya Barnard, ʼn oudioloog en spraakterapeut wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Maroela Media gesels oor spraakterapie en oudiologie. Barnard gee ook raad oor hoe om jou kind se spraak en taal te ontwikkel.
10 Sep 2020 9 min

Christene in Indië kom onder skoot te midde van pandemie

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die uitdagings wat Christene in Indië ervaar. Die land het tans die derde meeste gevalle van Covid-19 in die wêreld en die streng beperking het daartoe gelei dat die mees geïsoleerde en…
8 Sep 2020 8 min

Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewe-fliek

Die rolprentvervaardiger en aanbieder Bonné de Bod het met Maroela Media via Zoom gesels oor die dokumentêr "Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales" wat hierdie week op die Silwerskermfees uitgereik is. De Bod het verduidelik wat die kykers van haar en Susan Scott se jongste natuurrolprent kan verwag.
4 Sep 2020 11 min

Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning

Margit Meyer Rödenbeck het vroeër vanjaar aangekondig dat haar alter ego, Dowwe Dolla, vanjaar sou aftree. Maar weens die Covid-19-pandemie het sy haar uittrede uitgestel na volgende jaar, sodat sy haar gehoor finaal in die oë kan kyk. Dowwe Dolla doen wel die eerste van haar finale vertonings vir die…
28 Aug 2020 9 min

Help, my kind se ontwikkeling sukkel ná inperking

Ruda Roux, ʼn arbeidsterapeut wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die soort ontwikkelingsprobleme wat kinders kon opdoen weens die staat van inperking, asook hoe om dit te hanteer. Luister hier vir raad, en hoor sommer waarvoor daar nou meer tyd…
26 Aug 2020 14 min

Kry jouself in rat vir die laaste skof van 2020

René Arendse het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe om gemotiveerd te bly en hoe jy jou emosies as’t ware Covid-19-bestand kan maak. Sy deel in die gesprek talle wenke oor positiwiteit.
21 Aug 2020 17 min

Herman Lensing: ‘Ek het die lewe deur my ma se voorskoot leer ken’

Die bekende kosghoeroe Herman Lensing se kosreis het nie begin in ʼn deftige kookskool in Frankryk nie. Nee, sy liefde vir kos het in sy ma, Susan, se kombuis op Upington in die Noord-Kaap begin, waar hy fluks op ʼn stoel staan en help het en alles ingeneem het wat…
20 Aug 2020 7 min

‘Spreek lewe’ – ’n boodskap van inspirasie vir die jongmense

Robert Pollard, ʼn pastoor wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe hy die gemoedstoestand van jongmense in die Covid-19-pandemie ervaar. Hy het ook raad vir ouers en onderwysers oor hoe om jongmense in hierdie tyd te ondersteun.
12 Aug 2020 11 min
840 – 860