Die polisie hou 'n 59-jarige man in Standerton aan vir die besit van beeldmateriaal van seksuele misbruik van kinders, en beslag gelê op meer as 56 000 foto's en video's. Dit bring die totale aantal arrestasies as deel van Operation Bad Vibes op 16 te staan. Vyftien vuurwapens en digitale…
Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit…
President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in samewerking met die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, gaan van 24 tot 26 September 2025 'n baanbrekende driedaagse konferensie oor kankergenomika aanbied. Hierdie mylpaalgeleentheid sal toonaangewende wetenskaplikes, navorsers en mediese professionele persone bymekaarbring om die nuutste ontwikkelings in genetiese navorsing…
Die groot enjins gaan weer brul môre by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek, met die langbaan-renne wat die adrenalien gaan opjaag. Hoewel daar min inskrywings is, sê Francois Lottering motorsport-liefhebbers gaan behoorlik vermaak word.
Rentekoersverligting in die buurland is goeie nuus vir landbou in die buurland veral na 2024 se droogteverwante finansiële druk. Optimisme word egter gedemp deur kommer oor die dreigende 30 persent tariewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Maree, hoof van bemarking vir FNB Landbou gepraat oor wat dit vir Namibië…
ESI Africa, wat homself beskryf as Afrika se betroubare multimedia-platform oor elektrisiteit en energie, berig dat Suid-Afrikaanse kerntegnologie gekies is om 'n beplande olieraffinadery in Walvisbaai aan te dryf. Die klein modulêre reaktor is ontwikkel deur Stratek Global, en die artikel verwys na Namibië se ISF Trading en die Walvisbaai…
Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president…
Internasionale media berig dat Israel ongeveer 67 vragmotors met hulp per dag toelaat om Gaza binne te gaan terwyl meer as 400 daagliks nodig is om voedsel en medisyne na die inwoners van die streek te bring. Portugal sê daar is meer as 800 volgelaaide vragmotors vandag wat wag om…
Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radioaktiewe isotope in die horing te plant. Die Rhisotope-projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting…
Oud-Amerikaanse president Joe Biden het uitgevaar teen die Trump-administrasie by die land se Nasionale Balievereniging se 100ste Jaarlikse Toekenningsgala in Chicago. Terwyl hy nie direk na president Donald Trump verwys het nie, het hy wel gesê ‘that guy in the White House’. Hy sê Amerika beleef donker dae.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op 3 persent bly, minder as die huidige teiken van 3 tot 6 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder 6 persent daal. Kganyago beklemtoon die…
Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ʼn boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring wat gelei het tot die kortste presidensiële veldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar Withuis-veldtog van die tyd toe oudpresident Joe Biden aan…
Namport het sy Winter Warmth-inisiatief in Lüderitz van stapel gestuur. Komberse sal aan bejaardes in Aus, Bethanie, Walvisbaai en Lüderitz voorsien word. Die poging, ondersteun deur vennote soos Walvisbaai Sout, Reload Logistics en FP du Toit Transport, het ten doel om kwesbare groepe hierdie winter by te staan. Kosmos 94.1…
Namcor sê boorwerk van die Volans-1X-eksplorasieput in Blok PEL 85 in die Oranje-bekken het begin. Die 55-dae lange operasie, wat deur Rhino Resources bedryf word en deur Deepsea Mira uitgevoer word, is daarop gemik om 'n nuwe reservoir te toets. Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka het meer.
Namibië se stygende openbare skuld is nie net 'n nasionale kwessie nie, dit raak elke burger se sak. Met elke individu wat 'n groeiende deel van die las dra, was dit nog nooit so dringend om te verstaan wat die skuld dryf en die belangrikheid daarvan om die skuld te…
Die huisleningsonderneming BetterBond verwelkom die Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verlaag, wat die prima uitleenkoers op 10,5-persent te staan bring, die laagste sedert 2022. Die nasionale hoof van verkope, Bradd Bendall, sê die skuif bied verligting vir huiseienaars. Hy het aangekondig verbandaansoeke het…
Masels-gevalle in Engeland is aan die styg, terwyl masels-inentingsyfers hul laagste vlak in 16 jaar bereik het. Masels-uitbrekings en verskeie sterftes is in die VSA aangemeld, meestal omdat anti-inenters nie hul kinders laat inent nie, maar dit blyk nie die geval te wees in Brittanje nie. Die kindergesondheidskundige professor Helen…
'n Teoretiese meesterplan ter waarde van 29 miljoen Namibiese dollar vir 'n oorgrens waterstof-pyplyn met Suid-Afrika sal teen middel-2026 ontwikkel word. Die pyplyn sal spilpunte in Lüderitz, Boegoebaai en Saldanhabaai verbind, met 'n deurgang na Gauteng. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die woordvoerder van die Groenwaterstofprogram, wat…
1 Aug 4AM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.