Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is besig om te onderhandel met die ambassade van die VSA en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om verligting te kry van die onlangs ingestelde 30-persent tariewe op Rooibos-uitvoere. Rooibos, wat slegs in die Wes-Kaap gekweek word, word meesal in grootmaat na die VSA verskeep…
Amerikaanse president Donald Trump het in 'n onderhoud met Fox News gesê Amerikaanse troepe sal nie na die Oekraïne ontplooi word as deel van veiligheidswaarborge as 'n vredesooreenkoms bereik word nie. Hy het ook gesê dis moontlik dat Russiese president Vladimir Putin nie 'n ooreenkoms oor Oekraïne wil bereik nie,…
Namibië se Groenwaterstofprogram berei voor vir 'n groot finansiële hupstoot nadat hulle deur die Klimaatbeleggingsfonds genooi is om 'n sektorale transformasie-beleggingsplan te ontwikkel. Hierdie inisiatief is daarop gemik om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar te ontsluit vir grootskaalse private en publiek-private projekte. Die program soek voorstelle van projekontwikkelaars met hoë…
Die Vereniging van Staatsamptenare veroordeel Noordwes se parke-en-toerismeraad oor 'n 300 persent huurverhoging vir personeel by die Taung- en Mafikeng-hotelskole. Die vakbond sê personeel is meegedeel dat hulle huur vanaf volgende maand van 1 300 Suid-Afrikaanse rand tot 6 800 rand per maand sal styg wat gepaard gaan met salarisaftrekkings…
Hamas het ingestem tot 'n nuwe wapenstilstand-ooreenkoms wat deur Egipte en Katar bemiddel is, maar Israel het nog nie van hom laat hoor nie. Die ooreenkoms stel 'n 60-dae skietstilstand voor en die vrylating van die helfte van die oorblywende Israeliese gyselaars wat deur Hamas aangehou word, terwyl verdere onderhandelinge…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.