Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
920 – 940

DA sê SA polisie ondersoek klagte teen polisieminister

Die DA sê die polisie het bevestig dat sy strafregtelike aanklagte teen die polisieminister, Senzo Mchunu, nou ondersoek word. Die minister is op spesiale verlof geplaas te midde van bewerings van korrupsie en politieke inmengery in ondersoeke. Baxolile Nodada van die DA sê Mchunu, soos alle ander Suid-Afrikaners, moet die…
16 Jul 11AM 1 min

'Hou VK-regering verantwoordelik vir Afgaanse inligtinglek'

Reaksie word ontvang op die nuus dat duisende Afghane waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per abuis hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20…
16 Jul 11AM 1 min

Gasvryheidsvereniging verwelkom meer Walvis-Joburg-vlugte

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Airlink twee keer daagliks tussen Walvisbaai en Johannesburg vlieg. Die bykomende vlugte bied reisigers meer buigsaamheid tussen die Namibiese kus en die ekonomiese sentrum van Suid-Afrika, wat toerisme en sakereise ondersteun. Gitta Paetzold, hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus…
16 Jul 10AM 1 min

Motorvoertuig Ongelukkefonds-wet word hersien

Die Wetshervormingskommissie en die Motorvoertuig Ongelukkefonds hersien tans die Motorvoertuig Ongelukkefonds-wet. Hulle stel onder andere voor om voordeelbedrae van onder die wet na regulasies te verskuif vir vinniger opdaterings. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se hoof van korporatiewe sake, John Haufiku gepraat.
16 Jul 10AM 1 min

Burgerlugvaartowerheid ondersoek volhoubare lugvaartbrandstof

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid neem vandag die koolstofverrekening en -verminderingskema vir internasionale lugvaart en volhoubare lugvaartbrandstof onder die loep. Dit vorm deel van 'n EU-befondsde program wat Afrika- en Karibiese lande ondersteun om die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie se omgewingstandaarde en doelwitte vir koolstofneutraliteit vanaf 2020 en netto nul teen 2050 te bereik…
16 Jul 10AM 1 min

VSA deporteer 'barbaarse' misdadigers na Eswatini

Amerika het vyf geweldsmisdadigers van Asiatiese en Karibiese lande na Eswatini gedeporteer. Die gedeporteerdes is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen. Die Departement van Binnelandse Veiligheid het in 'n plasing op X geskryf hierdie misdadige onwettige vreemdelinge is so uniek barbaars dat hul tuislande weier om hulle terug…
16 Jul 10AM 1 min

Cyril 'moet bedank oor Mantashe se aanstelling'

Activists and Citizens Forum sê die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, se aanstelling as waarnemende minister van Polisie versterk sy oproep dat president Cyril Ramaphosa bedank. Mantashe sal in die posisie bly tot professor Firoz Cachalia die amp in Augustus oorneem. Dennis Bloem van die forum beskryf…
16 Jul 9AM 1 min

Blou Bulle stel Johan Ackerman aan as hoofafrigter

Rugby: Die Bulle het die driemalige Suid-Afrikaanse Afrigter van die Jaar, Johan Ackermann, as nuwe hoofafrigter aangestel. Jake White en die Bulle het vroeër die maand ooreengekom dat hulle paaie na vyf jaar skei nadat hy die span tot drie Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryde in vier seisoene gelei het. Ackermann beskryf sy…
16 Jul 9AM 1 min

Erongo skenk boerbokke aan kommunale boere

Nathalia Goagoses, die Erongo-goewerneur het haar streeksrede gelewer. Onder andere het sy gepraat oor bystand aan behoeftige boere. Daar is 80 boerbokke aan agt kommunale boere in die Karibib-distrik geskenk om landbouproduskie ‘n hupstoot te gee. Die inisiatief het ten doel om landelike boere te help om ekonomies te herstel…
16 Jul 8AM 1 min

Daar's niks oor in Gaza: Unicef

Die VN se Veiligheidsraad vergader oor toestande in Gaza veral met amper 900 sterftes van Palestyne by voedselverspreidingspunte van die Gaza Humanitêre Stigting. Intussen word daar beraam dat een uit elke 10 kinders in Gaza aan wanvoeding ly terwyl noodvoorrade op die grens wag. Unicef se woordvoerder Rosalia Bollen sê…
16 Jul 8AM 1 min

SAOG-forum neem 4IR en tegnologie onder die loep vir staatsdiens

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, beklemtoon die behoefte aan 'n ontwikkelingsgerigte openbare diens wat ekonomiese groei dryf. Hy het by die SAOG-forum vir openbare dienskommissies in Windhoek lidlande aangespoor om die Vierde Industriële Revolusie en digitalisering te omarm. Mbuende het meer.
16 Jul 6AM 1 min

Verdedigingskenner sê Trump se Navo-transaksie sal verskil maak

Daar is steeds reaksie op Amerikaanse president Donald Trump se wapentransaksie met Navo, wat die wapens aan Oekraïne sal gee, hoewel Oekraïne nog wag op details van wat hulle sal kry. Die militêre analis prof. Michael Clarke het aan Britse media gesê daar is sprake van 'n innoverende aspek in…
16 Jul 6AM 1 min

Thieme sê alle opsies word by Farmers Meat Market oorweeg

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê fase een van sy studie oor die betrek van skaapboere by die waardeketting is voltooi. Cirrus is aangestel om uitvoeropsies te ondersoek, en het bevind dat hoewel op-die-hoe-uitvoere na Suid-Afrika steeds belangrik is, oormatige afhanklikheid riskant is. Toegang tot EU-markte is nodig. Boere kan ook aandele…
16 Jul 6AM 1 min

Epstein, Trump en Bondi... die herrie is los in die VSA

Die herrie is in die VSA los oor die Jeffrey Epstein-aangeleentheid. Is president Donald Trump deel daarvan of nie? Epstein is onder die eerste Trump-administrasie in 2019 gearresteer en is in aanhouding dood. Trump wou eers nie dat die inligting oor die ondersoek bekend gemaak word nie maar sê nou…
16 Jul 6AM 1 min

Namcor: Peter Elindi steeds op getuiebank

Die Namcor-borgaansoek deur nege verdagtes duur voort. Peter Elindi het vanoggend getuig dat Enercon nege vulstasies by die verdedigingsministerie se persele gebou het met sy eie belegging van 58 miljoen Namibiese dollar, onder 'n 15-jaar kosteverhalingsooreenkoms. Hy het gesê die stasies is later aan Namcor vir 53 miljoen dollar verkoop,…
16 Jul 6AM 1 min

Steenkamp rig ernstige boodskap aan onderwysers

Onderwysminister Sanet Steenkamp doen 'n beroep op alle onderwysers en leerders om persoonlike doelwitte te stel en hul vordering dop te hou. Sy beklemtoon die belangrikheid van respek en dissipline namate skole vir die laaste semester heropen.
16 Jul 5AM 1 min

Padongelukkefonds se raad ontbind

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Padongelukkefonds se raad ontbind, weens bestuursmislukkings en operasionele onbestendigheid. Daar is kommer oor die uitvoerende hoof Collins Letsoalo se skorsing wat roekeloos hanteer is, duur litigasie en die versuim om kritieke uitvoerende rolle te vul. 'n Tussentydse rekeningkundige gesag sal aangestel word,…
16 Jul 5AM 1 min
920 – 940