OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,763 Episodes
980 – 1000

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens gestyg hierdie week. Die verwagting is dat pryse verder kan styg in die komende paar weke as gevolg van groter vraag . Intussen het die swakker…
15 Jun 2022 5AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, gee die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het effens gedaal. Slagpryse toon ook ‘n afwaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort slag- en lampryse weer verder te styg. Varkpryse het gestabiliseer en…
15 Jun 2022 5AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die ekonomiese syfers vir die eerste kwartaal wat pas aangekondig is. Die 1,9% groei is goeie nuus, veral as die vorige twee jaar in ag geneem word. Die opgewondenheid kan egter effens gedemp word omdat rentekoers-verhogings daarna…
14 Jun 2022 5AM 2 min

PM gesels met die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Agri SA, Christo van der Rheede

Christo van der Rheede, Hoof Uitvoerende Bestuurder van Agri SA, skets die voordele van die meesterplan vir landbou, wat die inkoop van die landbousektor versoek. Gefokusde ekonomiese beginsels is belangrik en op die vryemarkstelsel gefokus. Groot premie is in die plan geplaas op die opleiding van mense. Van der Rheede…
13 Jun 2022 1AM 4 min

PM berig oor ‘n perdekundige aan die Universiteit Pretoria, wat ‘n unieke konsultasiediens vir perde begin het

Dr Christina Eberhardt, ‘n perdegeneeskunde en kariologiespesialis aan Veeartsenykunde aan die Universiteit Pretoria, het ‘n unieke perdekardiologie-konsultasiediens begin om perde met onder andere hartgeruis te ondersoek. Volgens haar is hartafwykingsdiagnoses moeilik om te interpreteer sonder diagnostiese evaluering en sal die konsultasiediens ‘n groter bydrae hiertoe kan lewer.
13 Jun 2022 1AM 1 min

Charl Saunderson

Charl Saunderson se weeklikse praatjie oor "Kom ons praat weer bietjie boer".
10 Jun 2022 2AM 5 min

PM berig oor presisieboerdery wat volgens leierboere ook voordele vir arbeiders inhou

Volgens dr Theo De Jager, uitvoerende direkteur van Saai, hou presisieboerdery ook goeie voordele in vir arbeiders. Volgens hom veroorsaak presisieboerdery dat nuwe geleenthede vir plaasarbeiders geskep word en ontwikkel daar terselfdertyd ‘n nuwe generasie-plaasarbeider met goeie vaardigheidsvlakke. Volgens De Jager gaan presisieboerdery oor datagedrewe produksie.
9 Jun 2022 3AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het gedaal. Die verwagting is dat pryse verder kan daal in die komende paar weke. Intussen het sojabone se pryse gedaal, sowel as sonneblompryse. Koring- en grondboontjies se…
8 Jun 2022 5AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, gee die jongste vleispryse en –tendense. Die Rand het die afgelope week verstewig teenoor die Suid-Afrikaanse Rand. Speenkalfpryse het effens gedaal. Slagpryse toon ook ‘n afwaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort die pryse weer te styg. Varkpryse het gestabiliseer en bokpryse bly…
8 Jun 2022 5AM 3 min

Hans-Jurie Moolman, 'n bekende regskundige en grondsake-kenner

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskenner wat spesialiseer in grond- en arbeidsake. Hy bespreek vandag die Wet op Diensvoorwaardes en hoe dit die ooreenkoms tussen werkgewer en –nemer bepaal. Moolman beantwoord ‘n vraag oor die “uitruil” van vakansiedae met ‘n ander dag. Hy verduidelik ook verder die bepalings van oortyd…
6 Jun 2022 2AM 4 min

PM gesels vandag oor miltsiekte, wat ‘n dodelike siekte onder vee en wild is

Miltsiekte is ‘n dodelike vyand veral vir bees- en wildboere. Gewoonlik word besmette diere verbrand, maar besmette bene kan egter steeds vrektes veroorsaak tot so lank as hulle bene eet wat tot so lank as 250 jaar begrawe was. Besmette diere kan vrek sonder enige simptome . Nuwe navorsing word…
6 Jun 2022 2AM 2 min

PM berig oor DNS van olifante wat gebruik word om onwettige jag van olifante stop te sit

Intensiewe navorsing op die DNS van olifante is die afgelope tyd gedoen om die onwettige jag van olifante, te bestry. ‘n Interpol werkgroep teen wildsmisdaad het uitstekende resultate behaal in die studie wat by 12 Afrika-lande gebruik is waar wildhandel bedrywighede plaasvind. Stropery is die hoof bedreiging vir krities bedreigde…
2 Jun 2022 2AM 1 min

PM gesels met Dr Johnny van der Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand weer versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Dit diesel- en ander brandstof- en oliepryse styg steeds skerp. Speenkalwers se pryse het weer gedaal. Stoorlammers se prys…
1 Jun 2022 2AM 6 min

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré gesels oor die noue verbintenis van produsente en verbruikers en hoe hulle deesdae nader aan mekaar beweeg. Hy verduidelik ook die invloed wat dit het op die koop en verkoop van produkte. Verbruikerspersepsies kan ‘n groot rol speel en daar word onderskei tussen direkte en indirekte persepsies…
31 May 2022 2AM 3 min

PM berig oor planne om deurgange vir olifante in Afrika te skep

‘n Internasionale bewaringsgroep het begin met planne vir uitgebreide deurgange vir olifante, wat ruimte sal skep vir die meer vrylike beweging van die diere, selfs oor landsgrense heen. Die plan is steeds in ‘n konsepfase, maar sal waarskynlik die moeilike uitdagings behels, om ooreenkomste met duisende private, tradisionele en openbare…
30 May 2022 2AM 1 min
980 – 1000