Die Penryn Prep Online School het vroeër die jaar operasioneel geraak vir grade vier tot sewe. Dit gebruik interaktiewe tegnologie en die curriculum kombineer CAPS, IEB, en Cambridge. Nicole Dos Santos, Penryn Prep Online se hoof van departement, sê vandag se kinders moet voorberei word vir die werkplek van more,…
Die Krugerwildtuin het onlangse vonnisse vir renosterstropers verwelkom. Ike Phaahla sê groot suksesse is in vervolging aangeteken sedert die hof in Skukuza weer operasioneel geraak het op 1 April. Gister is Solly Ndima tronkstraf opgelê van 25 jaar vir verskeie oortredings, waarvan hy effektief 16 jaar uit sal dien. Vrooër…
Ban Animal Trading sê dieretuine is net daar vir vermaak, en het geen opvoedkundige waarde nie. Dr Smaragda Louw sê na aanleiding van die boete wat Pumbaa Wildlife Park aan die MTPA moes betaal, dat mense moet besef dis net ‘n sake-onderneming. Die dieretuin is met honderd-duisend-Rand beboet omdat hul…
Bajabulise Thela (17), ‘n graad 12-leerling aan Lowveld High, sal eersdaags die land verteenwoordig in die Mej. Tiener Bo-nasionale kompetisie. Dit word in Oktober in Guatemala aangebied waar sy teen deelnemers van 14 ander lande deel gaan neem om die internasionale kroon. Bajabulise sê sy sien daarna uit om mense…
Grondgrypers wat verlede week ‘n stuk grond langs die R40 tussen Witrivier en Msholozi beset het, is gearresteer. Dewald Oberholstervan die Witirivier gemeenskapspolisiëringsforum sê tot dusver is drie aangekeer. Ander besetters kon vlug. Hy voeg by dat die polisie steeds die situasie monitor. Oberholster sê die eienaar van die besette…
‘n Sewende verdagte wat glo as lid van 'n sindikaat bedrog en diefstal gepleeg het, en die belastingwet oortree het, is Vrydag deur die Valke aangekeer. Cynthia Zanele Maluleke het glo onregmatige betalings van amper een-miljoen-Rand ontvang. Sy is borg van drie-duisend-Rand toegestaan deur die hof vir kommersiële misdaad in…
Die ses maande oue Ayden van Niekerk is na twee weke steeds in ‘n mediese koma in die Netcare Garden City-hospitaal. Hy het op 6 Mei by die huis in Lydenburg aan 'n stukkie biltong verstik. Volgens Ayden se ma, Estelle van Niekerk, is sy sedasie gister verder halveer, en…
Aksie word beplan teen grondgrypers wat die afgelope week eiendom langs die R40 tussen Witrivier en Msholozi beset het. Dewald Oberholzer van die Witirivier gemeenskapspolisiëringsforum sê die polisie is bewus van die situasie. Dit het oor die afgelope dae vererger. Oberholzer sê die eienaars van die buurgrond kla dat die…
Mateo Komlosy het geskiedenis gemaak toe hy 100% behaal het in sang by die Allegretto Eisteddfod. Die kompetisie is verlede week by sy skool, Curro Nelspruit, aangebied. Skole van Mbombela en omliggende areas het deelgeneem. Dit is die eerste keer in die Allegretto Eisteddfod se geskiedenis dat iemand 100% behaal…
Besorgde inwoners van Hazyview het 'n petisie opgestel om die regering te vra om 'n sandput wat help om weghol-swaarvoertuie te stop, op die kruising van die R40- en R538 aan te bring. Inwoners wil ook ‘n stopteken laat oprig vir swaarvoertuie naby die Umbabha Estates-pakhuis op die R40 en…
Geraasbesoedeling het die afgelope weke weer lelik kop uitgesteek in Mbombela-munisipaliteit. Ernstige probleme is in Nelspruit, Witrivier en Barberton aangemeld. Raadslid Tersia Marshall vra dat mense amptelike klagtes indien oor hoe dit hulle raak, sodat daar daadwerklik teen oortreders opgetree kan word.
Alle kontaksport in skole is vanoggend weer afgelas. Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat nie-kontakoefeninge wel mag voortgaan, mits daar aan alle Covid-19-veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die departement sê dit is duidelik dat kontaksport bydra tot die verspreiding van die virus. Suid-Afrika het die afgelope 24 uur twee-duisend-357 nuwe…
Mpumalanga Landbou sê die onwettige jag van wild met honde is ‘n omvattende probleem regoor die provinsie. Die landbou-organisasie het ‘n beroep gedoen op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid om die praktyk dringend te ondersoek, na die moord op ‘n boer, Hennie Moldenhauer, Sondag naby Amersfoort. Volgens Robert Davel,…
AfriForum se Witrivier-tak het vandees maand ‘n slaggatherstelprojek afgeskop. Altesaam 40 sakke teer is gebruik om slaggate in Danie Joubert- en Drakensbergstraat op te vul. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê hierdie paaie is nou herstel. Daar is verder ‘n magdom soortgelyke projekte op pad, ook in ander dorpe…
Die uitrol van fase 2 van die gesondheidsdepartement se inentingsprogram gister het allermins vlot verloop. Verskeie mense wat geregistreer het en per SMS ingelig is om hul inentings by Rob Ferreira-hospitaal te ontvang, is weggewys, en kon ook nie by Tonga gehelp word nie. Die departement se Dumisani Malamule sê…
Die Penreach Shalamuka Steam-sentrum se Makerspace-fasiliteit is verlede week amptelik in gebruik geneem waar wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde gekombineer word. Penreach se uitvoerende hoof, Susanna Oosthuizen, sê die onderwys van die toekoms gaan oor kritiese denke, kommunikasie, samewerking en kreatiwiteit om kinders voor te berei om in die…
Die vermeende swendelaar, Annica van Staden, sal Woensdag in Lydenburg vir bortog aansoek doen. Sy het verlede week saam met haar medebeskuldigde, Fotoboy Makua, die eienaar van 'n sekuriteitsmaatskappy, in Middelburg verskyn op klagte van bedrog en geldwassery. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is Makua borg van sewe-duisend-Rand toegestaan. Die saak…
Die Valke is op soek na die hoofverdagte in die 1,1-miljoen-rand Barberton-mynbedrogsaak, Simphiwe Sangwenyi. 'n Voormalige administratiewe klerk, Bhekinkosi Fana Madonsela, is verlede week vyf-duisend-Rand borg toegestaan. Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Madonsela en sy medebeskuldigde, Precious Nontobeko Magongo, glo onregmatige betalings van onderskeidelik 300-duisend-Rand en amper ‘n halfmiljoen-Rand…
In ‘n eerste vir die Laeveld – en enigste vir Mpumalanga – het die IV Bar hierdie maand hul deure in I’langa Mall geopen. Keri Rudolph het sowat drie-en-‘n-half jaar gelede saam met Russell Sachs die IV Groep begin. Susters Desiré en Yolandi Oosthuizen is die mede-eienaars van IV Bar…
Jy het nog net hierdie week om ‘n aanbod te maak om een van Nelspruit Hospice se Reflections spieëls te koop. Hierdie fondsinsamelingsprojek is verlede jaar van stapel gestuur. Mense kon ‘n spieël in ‘n houtraam koop, versier en terugbesorg. Dit word nou opgeveil. Die vendusie vind aanlyn plaas tot…
9 May 2021 6AM
1 min
1480 – 1500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.