100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1460 – 1480

Drie polisiebemaptes aangekla van korrupsie in Kabokweni

Drie beamptes wat verbind is aan die polisie se gesinsgeweld-eenheid het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie. Volgens die Valke het sersant Bonisile Daphney Mjali, sersant Xolani Howard Nxumalo en konstabel Thulisile Patricia Mkhatshwa saamgewerk om omkoopgeld te eis by 'n verdagte in 'n verkragtingsaak. Hulle wou…
8 Jun 2021 2AM 1 min

Verdagtes gesoek vir twee moorde in Pienaar

Die polisie is op soek na verdagtes na twee verskillende moorde in die vroeë oggendure van gister in Pienaar gepleeg is. Volgens brigadier Leonard Hlathi is een man met steekwonde dood by ‘n kliniek aangetref. In ‘n afsonderlike voorval is ‘n man geskiet tydens ‘n onderonsie toe ‘n ‘n kar…
7 Jun 2021 7AM 1 min

Drie verdagtes naby Badplaas aangekeer na roof in Witbank

Twee mans en ‘n vrou is vanoggend om ongeveer ses-uur naby Badplaas aangekeer. Bossies Community Justice se Albert Greyvenstein sê hulle het na bewering gisteraand ‘n huis naby Witbank beroof. Hulle het die slagoffer ernstig aangerand en met sy voertuig gevlug. Volgens Gryvenstein is die verdagtes aangekeer met die voertuig…
7 Jun 2021 7AM 1 min

Graskop oorweeg regsaksie teen TCM oor tariewe

Die Graskop-belastingbetalersvereniging sê hulle ondersoek watter regstappe hulle kan neem teen Thaba Chweu-munisipaliteit. Volgens voorsitter, Lance Gibson, sal inwoners vanaf 1 Julie, wanneer die nuwe finansiële jaar afskop, 70 persent van die kontant vir hul kragaankope aan die munisipaliteit verbeur, sodat hulle hul skuld aan Eskom kan betaal. Dit beloop…
4 Jun 2021 6AM 1 min

Klubs waarsku oor toeskouers by rugby

Witrivier en Nelspruit se rugbyspanne sê mekaar Saterdag vir die eerste keer hierdie jaar die stryd aan in die derde wedstryde in die Mpumalanga Ehlanzeni Laeveld Premierliga. Weens inperkingsregulasies, mag geen toeskouers egter by die veld toegelaat word nie. Fanie Roos, ondervoorsitter van Witrivier-rugbyklub, sê dit is belangrik om by…
4 Jun 2021 2AM 1 min

Nelspruit- en Witrivier-lisensiekantore weer oop

Die departement van gemeenskapsveiligheid het om verskoning gevra dat mense nie gister by die Nelspruit- of Witrivier-lisensiekantore gehelp kon word nie, nadat Mbombela-munisipaliteit sekuriteitsdienste onttrek het. Die departement kon sedert vanoggend sekuriteit aan beide kantore verskaf en dienslewering gaan normaal voort. Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hulle kon bestaande sekuriteitsdienste ontplooi…
3 Jun 2021 6AM 1 min

Registreer jou kind in 'n nuwe skool voor 31 Augustus

Registrasie vir die 2022 skooljaar is oop in Mpumalanga. Ouers en voogde het tot 31 Augustus om aansoek te doen vir plekke in skole vir hul kinders. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê dit is belangrik om vregtydig aansoek te doen, sodat kinders voor die 2022-skooljaar geplaas kan word. Hy…
3 Jun 2021 2AM 1 min

Nelspruit- en Witrivier-lisensiekantore tydelik toe weens sekuriteitsdienste

Mense kan sedert vanoggend nie by die Nelspruit- en Witrivier-lisensiekantore gehelp word nie, nadat Mbombela-munisipaliteit sekuriteitsdienste onttrek het. Die departement van gemeenskapsveiligheid het die lisensiefunksies by die munisipaliteit oorgeneem, terwyl Mbombela steeds die sekuriteit verskaf het. Dié is egter vanoggend gestaak. Departementele woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hulle werk hard om…
2 Jun 2021 7AM 1 min

Witrivier se waterkrisis kry aandag

‘n Hoëvlak-afvaardiging van Mbombela-munisipaliteit het gister Witrivier se waterwerke besoek. Die dorp beleef reeds geruime tyd ‘n krisis in watertoevoer. Die “Power of eight-thousand”-groep se Pierre du Preez, sê Mbombela het reeds oor die naweek nuwe pompe laat installeer. Tussen 10 en 15 redelik belangrike mense het besoek afgelê, insluitende…
2 Jun 2021 7AM 1 min

Graskop-inwoners vergader oor kragverhogings

Inwoners van Graskop dreig om Thaba Chweu-munisipaliteit se kantore in die dorp te sluit, sou daar nie aan hul griewe oor beplande kragverhogings gehoor gegee word nie. Mavin Pillay van die belastingbetalersvereniging, sê Thaba Chweu wil vanaf 1 Julie 70 persent van alle aankope hou om hul Eskom-skuld te help…
2 Jun 2021 6AM 1 min

Royal Hotel sluit glo eersdaags sy deure

Die historiese Royal Hotel in Pilgrim’s Rest gaan volgens berigte gesluit word. Die waarnemende uitvoerende hoof van MRTT het onlangs vir die staande komitee oor openbare rekeninge gesê dat die raad dié besluit geneem het omdat die honderd-sewe-en-twintig-jarige hotel nie finansieël volhoubaar is nie. Sy verliese het glo in 2019/20…
1 Jun 2021 8AM 1 min

Mbombela keur begroting vir finansiële jaar goed

Mbombela-munisipaliteit se begroting vir die 2021/22 finansiële jaar wat op 1 Julie afskop, is gister tydens ‘n raadsvergadering goedgekeur. DA-raadslid Sanley van der Merwe sê egter dat hulle steeds nie die verslag van die ouditeur-generaal of die geouditeerde finansiële verslag van 2019/20 gesien het nie. Volgens haar word dokumentasie van…
1 Jun 2021 7AM 1 min

Thaba-Chweu stop onwettige heffings op krag

Thaba Chweu-munisipaliteit het onderneem om die onwettige fooie wat herverkopers van elektrisiteit in die area hef, stop te sit. Volgens ‘n kennisgewing is dit onwettig vir verkopers om ekstra geld te vra wanneer verbruikers elektrisiteit koop. DA-raadslid, Comfort Sibiya, het die besluit verwelkom. Hy voeg by dat inwoners wat agter…
1 Jun 2021 7AM 1 min

Mbombela besoek Dinsdag Witrivier oor waterkrisis

Mbombela-stadsraad het onderneem om more by Witrivier se watervervoerstelsel besoek af te lê om te bepaal waar die probleme is. Raadslid, Rowan Torr, sê die dorp beleef al geruime tyd ‘n krisis in watertoevoer. Die “Power of eight-thousand”-groepering sowel as die Witrivier-belastingbetalersvereniging sê hulle weet verskeie kwessies staar die dorp…
31 May 2021 8AM 1 min

60-plussers nou sonder vooraf-registrasie by Robs geënt

Mpumalanga se gesondheidsdepartement het bevestig dat mense ouer as 60 die Covid-inenting kan ontvang sonder om vooraf te registreer of vir afsprake te wag. Chris Nobela sê dit geld vir al ses openbare hospitale waar die entstof toegedien word. In Ehlanzeni is dit Rob Ferreira- en Shongwe-hospitale. President Cyril Ramaphosa…
31 May 2021 8AM 1 min

LUR bekommerd oor nege sterftes op N4 binne vier dae

Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het 'n beroep gedoen op motoriste om versigtig te bestuur, na nege mense binne vier dae op die N4 naby Ngodwana in ongelukke dood is. Vroeg Saterdagoggend is drie mense dood toe ‘n kar gerol het. Een persoon is lig beseer en een…
31 May 2021 7AM 1 min

Plaaslike sekuriteitsmaatskappye werk saam teen rooftogte op N4

Die polisie en sekerheidsmaatskappye het Vrydagaand ‘n sigbaarheids-operasie op die N4 uitgevoer. Dít na ‘n vlaag voorvalle waar motoriste se bande beskadig word om hulle te dwing om te stop voor hulle beroof word. Hennie Bekker van AfriForum sê mense van Malalane tot Middelburg het deelgeneem en geen voorvalle is,…
31 May 2021 5AM 1 min

Sanparke waarsku oor nuwe kontrolepunte

Sanparke is besig om kontrolepunte in die Suide van die Krugerwildtuin op te stel. Dit is bedoel om areas beter te beheer ten einde renosterstropery te bekamp. Wildtuin-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle besef dit kan toeriste verontrief, maar die militêre polisie en toerisme-monitors is instruksie gegee om vriendelik te wees…
28 May 2021 3AM 1 min

Roan Ash Saterdag regstreeks op jou radio

Die derde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige Laeveldse gehoor sal môre deur Roan Ash vermaak word. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning is op uitnodiging, maar almal kan Saterdag om sewe-uur inskakel op 100.5FM, om…
28 May 2021 3AM 1 min

Sabie dreig Thaba Chweu met regsaksie oor riool en water

Die Sabie-belastingbetalersvereeniging sal voortaan regstappe gebruik om Thaba Chweu-munisipaliteit te dwing om beter dienste te lewer. Gwilym Rees sê riool en water is hul grootste fokus. Die dorp se rioolwerke funksioneer reeds meer as 'n jaar nie ten volle nie, en daar is nie genoegsame pompe om watervoorsiening te verseker…
27 May 2021 7AM 1 min
1460 – 1480