100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1440 – 1460

Verdagte vasgetrek na transitoroof

Een van die verdagtes wat na bewering op 6 Mei ‘n transito-roof probeer uitvoer het, is aangekeer. Die R40 tussen Nelspruit en Barberton was vir ure gesluit na ‘n groep gewapende mans die geldwa van die pad probeer druk het. Sizwe Mduduzi Mahlalela is Donderdag deur die Valke aangekeer. Hy…
21 Jun 2021 5AM 1 min

‘Hy was ‘n held’ sê vrou oor vermoorde Mason Mccleeve

Die 27-jarige Mason Mccleeve het baklei om sy vrou en kind te beskerm, toe hy Woensdag doodgeskiet is. Zanyika Maclean vertel hulle het geslaap toe mense inbreek. Hy het hulle van sy gesin probeer weghou en is twee keer geskiet. Een keer in die maag en deur die hart, volgens…
19 Jun 2021 5AM 1 min

Pumas skop Curriebeker af met omvattende wen teen Leeus

Die New Nation Pumas het gisteraand die Leeus met 39-10 gewen by Mbombela-stadion in hul eerste kragmeting van die 2021 Curriebeker. Sibusiso Sangweni het die besoekers se enigste drie aangeteken. Die pienktruie kon in die eerste helfte twee driee aanteken om teen rustyd 18-10 voor te loop. Ettiene Taljaard, Simon…
19 Jun 2021 4AM 1 min

Hi-Tech se Axxon-kameras opgegradeer

Hi-Tech Sekuriteit doen steeds hul naam gestand deur te verseker hulle gee die toon aan in die gebruik van tegnologie om mense veiliger te hou. Hul Axxon-kameras het nou addisionele funksies, wat selfs beter beveiliging bied. Callum MacPherson verduidelik dat die vroeë waarskuwing die verrassingselement wegneem by die rowers.
17 Jun 2021 9AM 1 min

Covid-19-gevalle tel geleidelik op in Mbombela

Die derde golf van Covid-19-infeksies het nog net in Mbombela begin - en ‘n groter impak word later verwag. Dokter Kim Faure van die Mediclinic-groep, sê Mpumalanga - en Mediclinic Nelspruit - toon wel ‘n geleidelike toename in gevalle. Sy voeg by dat die hospitaal onder druk is, maar steeds…
17 Jun 2021 7AM 1 min

Lizard Rock vanoggend beroof

Lizard Rock in die Uitkyk-omgewing is op soortgelyke wyse vanoggend aangeval. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit het om ongeveer agt-uur gebeur. ‘n Groep van vyf of ses verdagtes het die eienaar vasgebind en klein items, soos selfone, uit die kroeg en sy naburige huis gesteel. Albert Gryvenstein van…
17 Jun 2021 6AM 1 min

Man doodgeskiet tydens gewapende roof by Rocky Drift

‘n Man is dood nadat hy gisteraand tydens ‘n gewapende roof by sy huis in Rocky Drift geskiet is. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê vyf mans, waarvan ten minste een gewapen was, het by verskillende huise probeer inbreek. By dié betrokke huis het die inwoner hom verset en hy…
17 Jun 2021 5AM 1 min

Graskop maak kapsie teen rondloper-vee

Die Graskop-belastingbetalersvereniging beplan om klein-eise aansoeke te bring teen die eienaars van rondloper-vee in die dorp. Lance Gibson sê hulle rig groot skade aan en vernietig eiendom. Aangesien die dorp geen skut het nie, en die bywettoepassers nie die gesag het om hulle ta vang nie, et hulle besluit om…
15 Jun 2021 8AM 1 min

Barberton DBV weer besteel

‘n Pitbull is gister by die Barberton DBV gesteel. Dit volg op 'n inbraak verlede naweek, toe sowat 2-duisend-Rand se hondekos uit hul stoorkamer gesteel is. Marlies Liebenberg sê dit lyk asof hulle geteiken word. Hulle vermoed dat die diewe toegang gekry het deur die kampe waar die honde bedags…
14 Jun 2021 8AM 1 min

Klasse vir 'n week opgeskort by HTS Witbank

LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê daar is besluit om klasse by die Hoër Tegniese Skool Witbank vir ‘n week op te skort, nadat chaos vanoggend voor die skoolhekke uitgebreek het. Majuba het met die skoolbestuur vergader oor video’s wat verlede week gesirkuleer het van kinders wat glo baklei. Volgens…
14 Jun 2021 7AM 1 min

Meer as helfte van geregistreerde 60-plussers ingeënt

Meer as die helfte van geregistreerde 60-plussers is tot dusver in Mpumalanga teen die koronavirus ingeënt. LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend haar begrotingsrede vir die finansiële jaar gelewer. Sy sê meer as 21-duisend gesondheidswerkers het ook al hul inentings ontvang. Volgens Manzini het die pandemie ook uiters negatiewe…
10 Jun 2021 7AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord in Middelburg

Die 28-jarige Percy Tlamama is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hoogeregshof in Middelburg. Tlamama het in Desember 2017 die 56-jarige Johannes Moekwa in sy huis in Siyabuswa beroof en met sy eie vuurwapen doodgeskiet. Hy het ook kontant, bokke en skape, asook ‘n bakkie gesteel. Hy het…
10 Jun 2021 3AM 1 min

Hondekos gesteel tydens inbraak by Barberton DBV

Sowat twee-duisend-Rand se hondekos is Sondagaand gesteel tydens ‘n inbraak by die Barberton DBV. Marlies Liebenberg sê die personeel het Maandagoggend met hul aankoms gevind daar is by die stoor waarin die kos gebêre word, ingebreek. Die draad om die terrein is geknip en die spore van ‘n voertuig is…
9 Jun 2021 9AM 1 min

Pumas stel wedstryd teen Cheetahs af weens Covid

Die New Nation Pumas het hul opwarmingswedstryd Vrydag teen die Cheetahs afgestel, weens kommer oor Covid-gevalle. Dít na die afrigter van die Oostelike Provinsie en elf van sy spelers positief getoets het. Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, sê aangesien die Cheetahs verlede naweek teen die OP slaags…
9 Jun 2021 8AM 1 min

Minder misdaad in Witrivier in Mei-maand

Die Witirivier-gemeenskapspolisiëringsforum sê dinge gaan beter in dié dorp sedert hulle gereeld patrollies begin ry het. Volgens die GPF is honderd-en-sewe prioriteitsmisdade in die dorp aangemeld in Mei. Agt-en-dertig arrestasies is gemaak. Dewald Oberholster van die GPF sê die arrestasies het ‘n afname getoon oor die vorige maand, maar so…
9 Jun 2021 8AM 1 min

Baba Ayden op lang pad na herstel

Die sewe maande oue Ayden van Niekerk is na 35 dae steeds in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy het op 6 Mei in Lydenburg by die huis aan 'n stukkie biltong verstik. Volgens sy ma, Estelle van Niekerk, is hy Sondag van sy ventilator afgehaal, maar Dinsdag weer…
9 Jun 2021 7AM 1 min

MTPA handel ondersteuningsfonds af

Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap het aangekondig dat die proses om die tien-miljoen-Rand se ondersteuningsfonds aan toerisme-ondernemings te betaal, afgehandel is. Die fonds is bewillig om die impak van die Covid-pandemie op die bedryf teen te werk. 43 begunstigdes se aansoeke is nie gefinaliseer nie, weens kwessies met die inkomstediens…
9 Jun 2021 6AM 1 min

E-leer groot prioriteit vir onderwysdepartement die jaar

Mpumalanga se onderwysdepartement het 'n groot inkorting in hul begroting vir hierdie finansiële jaar gesien. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê openbare-private vennootskappe is van kardinale belang in die bevordering van e-leer, iets waarvoor hulle baie dankbaar is. Na 'n vlaag inbrake by skole wat die tegnologie geteiken het, het…
8 Jun 2021 9AM 1 min

Nkomazi spesiale ekonomiese sone belowend vir ekonomie

LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, sê ekonomiese infrastruktuur is nodig vir volhoubare groei. Hy het vanoggend sy begrotingsrede vir die 2021/22 finansiële jaar gelewer. ‘n Petrochemiese industriële park is goedgekeur om in Secunda opgerig te word. In die Laeveld word ‘n beplande bosbou industriële park in…
8 Jun 2021 8AM 1 min

Wetgewer stem “ja” vir reddingsplan vir Pilgrim’s Rest

Die provinsiale wetgewer het vanoggend die DA se mosie om LUR vir openbare werke, Mohita Latchminarian, te vra om ‘n reddingsplan vir Pilgrim’s Rest saam te stel, aanvaar. Dit volg op die Mpumalanga Regional Training Trust se aanduiding dat hulle nie verder die ikoniese Royal Hotel wil bestuur nie, omdat…
8 Jun 2021 6AM 1 min
1440 – 1460