‘n Driejarige dogtertjie is Maandagaand dood toe haar hut, in Siyathuthuka naby Belfast, afgebrand het. Volgens kolonel Donald Mdhluli was die ma was uitstedig. Met haar terugkeer was die hut in vlamme. Twee ouer kinders kon ontsnap. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en kinderverwaarlosing teen die ma…
NHS se veelsydige graad-elf-leerling, Philip Vogel, het die naweek in Pretoria kenmerkende Nellie “guts” gewys deur in agt van die tien items in sy tienkamp, koning te kraai. Sodoende het hy sy grootste uitdager, Marko Foord van Sentraal-Gauteng, die loef afgesteek. Philip se totale punte (volgens Atletiek Suid-Afrika se punte-tabel)…
Daar is opwindende verwikkelinge op die mediese horison vir Hazyview. Die area kry eersdaags ‘n noodkamer wat ingerig sal wees om kritiek siek pasiënte te kan behandel. Dr. Kobus Hugo, wat onlangs die ontslape dr. Robbie Nel se praktyk op die dorp oorgeneem het, sê dit is baie meer as…
Die polisie het die oproerige gedrag gister by die hof in Piet Retief veroordeel waar vyf moordverdagtes wat beskuldig word dat hulle twee broers vermoor het, se borgaansoek begin het. Daniel Malan, Cornelius Greyling, Othard Klingenberg, Ignatius Michael Steynberg en Zenzele Yende word aangekla dat hulle Zenzele en Amos Coka…
Die 40-jarige tolk van die Mkhuhlu-hof wat gister in die Bosbokrand-hof verskyn het op klagte van korrupsie, bly in aanhouding. Busizwe Zizwe Zitha is Vrydag deur die Valke gearresteer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het hy tussen Januarie en Maart twee mense omkoopgeld gevra het om sake teen hulle te laat…
Die nasionale valskermsweef-kampioenskappe skop Sondag in Barberton af. Anton Naudé, een van die organiseerders, verduidelik dat die weeklange kompetisie elke tweede jaar in Barberton aangebied word. Dit is gewoonlik in die winter, maar is vanjaar vroeër om die legendariese, ontslape, Andrew Smith te vereer. Valskermswewers van regoor die land kan…
Vier vermeende renosterstropers is die naweek in die Krugerwildtuin vasgetrek. Een is dood toe hy deur 'n trop olifante vertrap is. Nog een het suksesvol gevlug, na vermoede in Nyongane in. Ike Phaahla dink die operasies, wat Saterdag en Sondag plaasgevind het na aanleiding van roetine-operasies, is goed vir die…
Twee mans is die week dood in afsonderlike gevalle van groepsgeweld in Bosbokrand. Volgens kolonel Donald Mdhluli was die eerste voorval Woensdag toe drie gewapende mans ‘n winkeleienaar in Zoeknog probeer beroof het. Hy het alarm gemaak. Twee aanvallers kon vlug, maar die een wat agtergelaat is, is deur lede…
‘n Veertig-jarige tolk by die Mkhuhlu-hof sal Maandag in die hof in Bosbokrand verskyn op klagte van korrupsie. Die man is gister deur die Valke gearresteer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi word beweer dat hy tussen Januarie en Maart twee mense omkoopgeld gevra het om sake teen hulle te laat verdwyn…
Antoinette en Jacques Goosen was die eerste gashere van Innibos se huiskonserte verlede maand. Die reeks word deur kykNET geborg en elke maand by 'n ander Laeveldse inwoner aangebied. Hulle kan dan vriende nooi en almal ander kan die konsert luister op 100.5FM. Gaste word ook gevra om geld te…
Die private sektor het die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, gevra om dringend 'n bestuurskomitee aan te stel om die Barberton Makhonjwa-bergreeks, te bestuur. Oupa Pilane, voorsitter van Satsa in Mpumalanga, sê die bestuur van die wêreld-erfenisgebied moet dringend na die private sektor verskuif. Hulle het…
‘n 31-jarige taxi-bestuurder is Woensdag aangekla van strafbare manslag en roekelose bestuur. Hy het Dinsdag in Amersfoort glo twee voetgangers getref. ‘n 20-jarige man en 23-jarige vrou is beseer. Die vyf-maande-oue baba wat die vrou gedra het, is egter op die toneel dood. Daar word beweer dat Sibonise Patrick Mathebula…
‘n Drie-en-twintig-jarige vrou van Violet Bank naby Bosbokrand word vermis. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli is Memory Mashele tussen Vrydagaand en Saterdag by die huis weg, sonder om haar gesin te sê waarheen sy gaan. Die ma van drie is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld. Enigiemand…
Cathy Dreyer is aangestel as die eerste vroulike hoofveldwagter van die Nasionale Krugerwildtuin. Dreyer is tans die hoof van bewaring by die Addo-olifant Nasionale Park. Sy begin op 1 Mei in haar nuwe posisie by die wildtuin. Sy vervang Ken Maggs, wat afgetree het na amper 40 jaar by Sanparke…
'n Gebedsaksie is van stapel gestuur vir die 19-jarige Selanna Biggs wat Sondag in haar karwrak gevind is, nadat sy vir amper 28 uur in haar motor vasgekeer was. ‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur voor sy eindelik in 'n plantasie gevind is. Sy het haar femur…
Die tien Nellies-atlete wat Mpumalanga vanjaar by die SA-atletiekbyeenkoms in die Paarl verteenwoordig het, het die naweek ‘n allemintige vyf medaljes gewen. Ashley Erasmus het ‘n eerste plek behaal in die skyfwerp, meisies onder 18, met ‘n gooi van 48-punt-twee-meter. Sy het ‘n silwer medalje gewen in gewigstoot. Handré van…
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê daar is ‘n tekort aan koshuise vir al die kinders by Shongwe-kosskool. Hy het vandag by die skool in Nkomazi besoek afgelê. Volgens Majuba moet meer verblyf verskaf word, as fase twee van die kosskool se ontwikkeling. Die vier regerings-kosskole in…
Gewelddadige betogings wat Vrydag in Phalaborwa, Namakgale en Lulekani begin het, het kalmeer, na die polisie addisionele lede ingestuur het. Brigadier Motlafela Mojapelo van die polisie in Limpopo sê die R71 en R40 is weer oopgestel en die situasie is rustig. Net die paaie in die informele nedersettings is steeds…
Die onwettige staking deur werknemers van die agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga, duur nou al sewe dae. Hul kantore en die reservate wat deur die MTPA bestuur word, is al sedert Dinsdag gesluit vir die publiek. Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het Vrydag…
Die premier het ook haar skok uitgespreek oor ‘n drie-week-oue baba wie se hand geamputeer is in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas. Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister, saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, die baba se gesin besoek. Die baba is aanvanklik vir diarree opgeneem. Weens komplikasies is haar…
12 Apr 2021 4AM
1 min
1520 – 1540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.