100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
1540 – 1560

Shongwe-kosskool benodig meer plek vir leerlinge

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê daar is ‘n tekort aan koshuise vir al die kinders by Shongwe-kosskool. Hy het vandag by die skool in Nkomazi besoek afgelê. Volgens Majuba moet meer verblyf verskaf word, as fase twee van die kosskool se ontwikkeling. Die vier regerings-kosskole in…
13 Apr 2021 8AM 1 min

Geweldadige betogings kalmeer in Phalaborwa

Gewelddadige betogings wat Vrydag in Phalaborwa, Namakgale en Lulekani begin het, het kalmeer, na die polisie addisionele lede ingestuur het. Brigadier Motlafela Mojapelo van die polisie in Limpopo sê die R71 en R40 is weer oopgestel en die situasie is rustig. Net die paaie in die informele nedersettings is steeds…
13 Apr 2021 8AM 1 min

MTPA-staking duur steeds voort

Die onwettige staking deur werknemers van die agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga, duur nou al sewe dae. Hul kantore en die reservate wat deur die MTPA bestuur word, is al sedert Dinsdag gesluit vir die publiek. Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het Vrydag…
12 Apr 2021 6AM 1 min

Premier besoek baba wie se hand geamputeer is

Die premier het ook haar skok uitgespreek oor ‘n drie-week-oue baba wie se hand geamputeer is in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas. Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister, saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, die baba se gesin besoek. Die baba is aanvanklik vir diarree opgeneem. Weens komplikasies is haar…
12 Apr 2021 4AM 1 min

Vermiste meisie gevind

Die 19-jarige Selanna Biggs is gister gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is. Sy was in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad. ‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur. Volgens haar ma, Melissa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer voor ‘n helikopter haar…
12 Apr 2021 2AM 1 min

Afname in sterftes op Mpumalanga se paaie oor Paasfees

Padsterftes oor Paasnaweek het vanjaar ‘n afname getoon: 18 mense is dood in ongelukke, ‘n afname van die 31 sterftes wat twee jaar gelede aangeteken is. Die helfte van die 18 was voetgangers. Die meeste noodlottige ongelukke was op die R40 en N4-tolpad. In totaal is 73 mense ernstig beseer…
9 Apr 2021 6AM 1 min

Private sektor doen beroep op regering om in te gryp by MTPA-staking

Georganiseerde toerisme in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die provinsiale regering om 'n einde te maak aan die onwettige staking deur MTPA-werknemers. Die parke agentskap se reservate is al sedert Dinsdag gesluit. Oupa Pilane, wat die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa Mpumalanga verteenwoordig, sê toerisme kan dit nie bekostig nie, omdat…
9 Apr 2021 4AM 1 min

Moordondersoek land drie in hof op ou klagte

Drie mans het Dinsdag in die hof verskyn op dekade-oue klagtes wat heringestel is. Volgens die Valke is Elliot Sindane, Elvis Mlimi en Mabuthi Khoza in 2011 aangekeer vir onwettige jag, onwettige besit van vuurwapens, handel in renosterhoring en betreding. Kaptein Lloyd Ramovha voer aan twee sake is in 2012…
8 Apr 2021 8AM 1 min

Dogtertjie dood in Malalane ongeluk

‘n Klein dogtertjie is vanoggend in ‘n motorongeluk dood nadat die kar waarmee sy op pad was skool toe, in ‘n botsing betrokke was. Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, het bevestig dat die twee voertuie in dieselfde rigting op die N4 in die rigting van Malalane gery toe hulle…
8 Apr 2021 6AM 1 min

Nuwe interaktiewe webtuiste bekendgestel in Mpumalanga

Die Mpumalanga wetgewer het vanoggend 'n nuwe webtuiste bekendgestel. Dit is meer interaktief, en het ten doel om dit makliker te maak vir die publiek om aan die wetgewer se aktiwiteite deel te neem. Vir die eerste keer sal inwoners nou ook op die webtuiste petisies kan begin.
8 Apr 2021 4AM 1 min

Kitsbank in Hazyview opgeblaas

Twee gewapende mans het in die vroeë oggendure ‘n kitsbank in ‘n winkel by ‘n vulstasie in Hazyview opgeblaas. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli het hulle die winkel binnegestorm, kontant geëis en werknemers gyselaar gehou. Hulle het sigarette en kontant uit die kasregisters geneem voor hulle die kitsbank…
7 Apr 2021 5AM 1 min

Robbie op pad na nasionale swemkampioenskap

Die 17-jarige Simone de Beer van Rob Ferreira het gekwalifiseer om volgende week aan die Suid-Afrikaanse senior nasionale swemkampioenskappe deel te neem. Sy het onlangs by die nasionale oopwater-kompetisie in Jeffreysbaai vierde gekom in die drie kilometer om hierdie mylpaal te bereik. Volgens haar afrigter, Nelia Pienaar van Guppie Tigers…
7 Apr 2021 4AM 1 min

Geen arrestasies nog na moord op Paassondag in Barberton

Die polisie het nog niemand aangekeer na ‘n skietery Sondag in Barberton ‘n man se lewe geëis het nie. Twee mans is tydens ‘n dispuut tussen twee sokkerspanne geskiet en na Barberton-hospitaal geneem, waar ‘n groep mans glo uit wraak die man geskiet wat een van die gewonde spelers hospitaal…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Robs blink uit by provinsiale atletiekkampioenskap

Hoërskool Rob Ferreira se atlete het die naweek by die Mpumalanga atletiekkampioenskap in Secunda koning gekraai. Altesaam sewe-en-sestig atlete het deelgeneem - die meeste van enige skool. Robs se dertig medaljes was ook die meeste van enige skool, asook die tien provinsiale kampioene wat die skool opgelewer het. Hoofseun, Junior…
6 Apr 2021 6AM 1 min

TRAC gereed vir besige Paasnaweek

Die Paasnaweek is om die draai en TRAC is gereed vir die hoë volumes verkeer wat verwag word. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dié naweek is histories die besigste op die N4 tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo. TRAC doen wat hulle kan om verkeersopeenhopings te verhoed en skop Donderdag hul bewusmakingsveldtog…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Barberton water steeds ‘n probleem, ondanks goeie reën

Die stormreëns vroeër die jaar het uiteindelik Barberton se jarelange waterkrisis opgelos, maar hul eie uitdagings gebring. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Lomati-dam is nou sowat drie-en-tagtig persent vol – op van net veertien persent in Januarie. Maar hulle kan steeds nie water uit die Queen’s-rivier ontrek nie want dit…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie

Die polisie ondersoek ‘n insident waarin ‘n man gister in die Witrivier-polisiestasie aangerand is. Delia Jordaan en Barend Byliefeldt is die oggend deur ‘n groep karre tot stilstand gedwing. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig en hul motorruit is uitgeslaan. Hulle is na die stasie agtervolg, waar die paartjie glo…
29 Mar 2021 8AM 1 min

DA vra dat Nkomazi ingryp in werkers se griewe

Die DA het ‘n beroep gedoen op Nkomazi-munisipaliteit om dringend in gesprek te tree met ontevrede werknemers wat glo verlede week die Driekoppies-waterwerke gesaboteur het. Verskeie areas is daardeur geraak, onder meer Shongwe-hospitaal. Verskeie klagtes oor vergoeding het werknemers glo tot die onwettige protesaksie gedryf. DA-raadslid Frank Shongwe sê die…
29 Mar 2021 7AM 1 min

Kanker-oorlewendes word bederf

KANSA se jaarlikse Relay for Life kon in 2020 nie plaasvind nie weens inperking. KANSA Laeveld se Relay-komitee het egter besluit om Woensdag iets spesiaal te doen om die kanker-oorlewendes aan wie dit opgedra is, te vier en te bederf. Southern Sun Emnotweni en Michelle Higgo het die wonderlike ontbyt…
26 Mar 2021 7AM 1 min

Curro Nelspruit beste by nasionale eisteddfod

Curro Nelspruit is as die beste kultuurskool van 2020 by die Nasionale Allegretto Eisteddfod aangewys. Die laerskool se kultuuronderwyser, Alta Ehrke, is as die beste verteenwoordiger in die land aangewys. Mateo Komlosy is as die beste en mees gewilde sanger aangewys, Danika van Deventer het die tiara-kompetisie gewen, Eleanor Schwizer…
26 Mar 2021 7AM 1 min
1540 – 1560