Blouape is ‘n beskermde spesie en waar hulle vergiftig word kan die persoon wat homself daaraan skuldig maak, krimineel vervolg word. Só waarsku Marlies Liebenberg, skakelbeampte van die Barberton DBV, nadat hulle gister drie vergiftigde apies opgetel het naby ‘n natuurreservaat in die area. Buiten dat dit 'n wrede dood…
Die Pestalozzi Trust het hul kommer uitgespreek oor die wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette. Voorsitter Bouwer van der Eem sê die BELA-wetsontwerp skep verskeie probleme. Onder meer sal dit net by die kind se huis mág geskied en amptenare moet huisbesoek doen wat inbreuk maak op hul privaatheid. Gereelde assesserings waarvoor…
Mpumalanga wil wiskunde, wetenskap en tegniese vakke in die provinsie verbeter. LUR, Bonakele Majuba, het vandag daaroor vergader met amptenare van die departement by die OR Tambo wiskunde, wetenskap en tegnologie-akademie in Emalahleni. Dit was om praktiese maniere te vind om leerlinge aan te moedig om die vakke te neem…
Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie plaas kan vind nie. Volgens Sandra Jacobs, bemarkingbestuurder van die kunstefees, hoop hulle om dit voor die einde van die jaar te kan aanbied - mits beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word. Intussen hou…
Vyf jaar na ‘n trok in Gumtreez by Casterbridge ingery het, het twee karre gisteraand binne-in die restaurant beland. Gumstreez-eienaar, Greg Austin, sê dit was ‘n fratsongeluk. Dit het rondom ses-uur gebeur toe ‘n bejaarde man vorentoe eerder as agtertoe gery het en toe nie kon stop nie. Sy motor…
Cobus Els van ER24-ambulansdienste voer aan dat ouers in die Laeveld hul kinders van slange moet leer. Hoe moet weet om slange te vermy en dadelik 'n volwassene in te lig as daar 'n slang in die omgewing is.
Die New Nation Pumas se uitrustings vir die 2021-rugbyseisoen is vanmiddag bekendgestel by Mbombela-stadion. New Nation Construction sal die span se titelborg wees vir die volgende twee jaar. Volgens die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Marius van Rensburg, is die klere vanjaar meer modern. Die kentekens is in die materiaal…
Die DA het ‘n beroep gedoen op die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit, Friedah Nkadimeng, om saam met haar komitee en munisipale bestuurder te bedank. Raadslid Spiro Couvaras sê hulle het deur ‘n gebrek aan dienslewering bewys dat hulle nie die munisipaliteit kan bestuur nie. Grootskaalse proteste het verlede week gewoed…
Hoërskool Nelspruit het die week hul nuwe skoolbeheerliggaam verkies. ‘n Totaal van drie-honderd-en-sestig ouers het hul kruisies getrek om die lede te verkies wat tot 2023 in hul amp sal dien. Louis van der Nest is weer as die voorsitter aangewys. Hy sê al die lede doen dit uit liefde…
‘n Vermeende moordenaar is gister in die Nelspruit-hof tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir ontsnapping uit polisie-aanhouding. Die drie-en-twintig-jarige Norman Sylvester Mokoena, ook bekend as "Dallas" het in November 2019 uit die Calcutta-hof se aanhoudingselle ontsnap nadat hy borgtog geweier is vir verskeie gewapende roof- en moordsake in Marite. Volgens…
Slangkenners sê dit is nie so ongewoon dat slange tans meer aktief is in die Laeveld nie. Verskeie gevalle is die afgelope weke aangemeld van veral troeteldiere wat deur slange gebyt word. Anneke van Schoor van Lowveld Venom Suppliers sê slange raak net minder aktief tydens die Laeveldse winter, en…
Die pandemie het 'n rampspoedige impak op toerisme en werksverliese gehad. Daarom sal die provinsiale regering se begroting na verwagting oor die volgende drie jaar met R16,4 miljard gesny word met die meeste besnoeiding in die vergoeding van werknemers. Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het…
Van Wijkstraat-dierehospitaal waarsku dat slange tans meer aktief is in die Laeveld. Dr. Donnie Engelbrecht vertel dat hulle net verlede week drie gevalle gehad het waar slange honde gebyt het. Die een was 'n mamba en twee was spoegkobras. Engelbrecht waarsku dat dit in mense se erwe in die dorp…
Gerhard Kolesky en Jacob Zongezile Bholosha is Maandag in Middelburg vrygespreek op honderd-vyf-en-twintig klagte van die oortreding van die Pensioenfonds-wet. Die maatskappy waarin hulle onderskeidelik ‘n eienaar en direkteur is, GK Steel Profiling, is egter met twaalf-duisend vyf-honderd-Rand beboet. Volgens die Valke het die maatskappy tussen Desember 2006 en Februarie…
Die dertig deelnemers wat aan vanjaar se meneer en mejuffrou dowe Suid-Afrika-kompetisie deelneem, het Saterdagaand hul bande ontvang tydens ‘n seremonie by Mankele. Dit help die deelnemers in hul gemeenskapswerk, wat die belangrikste aspek van die kompetisie is. Weens die pandemie het dit nie verlede jaar plaasgevind nie. Mejuffrou, mevrou…
‘n Groepie betogers het vanoggend weer Thaba Chweu-munisipaliteit se kantore in Lydenburg gesluit. Daar is egter nie betogings in die dorp nie, Die pad na Mashishing is wel gesluit. Die munisipaliteit het die naweek aangekondig dat hulle nie sal voortgaan om inwoners wat agterstallig is met hul kragrekeninge, af te…
Die dodelike en hoogs aansteeklike parvovirus, oftewel katgriep, kom toenemend ook onder ouer honde voor. So sê Ulandi du Toit, ‘n veearts by West Acres-dierehospitaal. Die siekte kom heeljaar voor. Die beste verweer is om jou diere daarteen in te ent. Dit moet op ses, nege en twaalf weke toegedien…
Twee vermeende dwelmhandelaars is gister by die Nkomazi-tolhek aangekeer met ‘n geskatte twee-punt-agt-miljoen-Rand se dwelms. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is dit na vermoede heroiën. Inligting is glo bekom dat die blou Ford Ranger dwelms vervoer van Mosambiek na Gauteng. Die voertuig is gestop en deursoek saam met…
Betogings het vanmiddag opnuut opgevlam in Mashishing, nadat Thaba Chweu-munisipaliteit se burgemeester protesteerders toespreek het. Friddah Nkadimeng se toespraak is egter onderbreek deur ontevrede inwoners. Haar woordvoerder, Ezrom Sekgobela, sê mense het klippe na die polisie gegooi en die burgemeester is verwyder. Die geweldadige betogings duur al dae lank. Sekuriteitsgroepe…
‘n Sewe-en-twintig-jarige werknemer van Emakhazeni-munisipaliteit is gister in Waterval Boven deur die Valke in hegtenis geneem. Hy het na bewering bedrog gepleeg met kredietkaarttransaksies by die Machado-tolhek. Sy medepligtige, Thembi Pretty Qwebu, wat by die tolhek gewerk het, is reeds in Desember aangekeer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is meer as…
10 Mar 2021 4AM
1 min
1560 – 1580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.