Die legendariese Blue Moon hou vanaf Vrydag vir die eerste keer in ‘n jaar weer konsert. Van jou gunsteling-kunstenaars tree tot 12 Desember elke Vrydag en Saterdag hier op. Die Blue Moon-konsertreeks skop af met Jay en Lianie en Nicholis Louw, en Robbie Wessels saam met Nádine Saterdagaand. Conrad Jamneck…
‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin. Volgens woorvoerder, Ika Phaahla, is Checkers Mashego 51 jaar oud. Hy was saam met ‘n kollega op patrollie in die Nsilikazi-rivierbedding in die Stolsnek-area. Hulle het uitmekaar gegaan om iets te ondersoek. Mashego het nooit by die afgespreekte ontmoetingsplek opgedaag…
Die Mpumalanga-Rugbyunie het gisteraand die Mpumalanga Rugbyinstituut by Mbombela Stadion bekendgestel. Dit is in samewerking met UXI Sport, wat reeds sulke institute by die WP, Cheetahs, Griekwas en Boland bedryf. Chumani Booi, voormalige afrigter van die Cheetahs se Pro-14-span, is bevestig as die hoofafrigter by die instituut. Thea Visagie van…
Nelspruit Mediclinic is weer oop, nadat dit vanoggend gedeeltelik ontruim is weens 'n bomdreigement. Die hospitaal is gesluit en die polisie sebomeenheid het die perseel met snuffelhonde deursoek. Volgens Mediclinic se Robyn Baard, is slegs sekere dele van pasiënte en werknemers ontruim. Die polisie het die hospitaal intussen weer oopgestel. Baard sê dit was skrikwekkend, maar…
Die provinsiale regering se begroting vir die res van die finansiële jaar is met een miljard-Rand gesny. LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, het sy aangepaste begroting gister ter tafel gelê. Daarvolgens het die regering net onder 40 persent van hul beplande inkomste gemaak in die eerste…
Nelsville se water sal Woensdag vir sowat 12 ure afgesit word, sodat ‘n gebarste pyp onder ‘n elektriese transformator vervang kan word. Inwoners sukkel sedert Sondagaand met watertekorte, sedert die pyp op verskillende plekke gebars het. Woordvoerder van Silulumanzi, Richmond Jele, verduidelik dat die pyp nou tydelik herstel is. Die…
Plaaslike toerisme is hoopvol dat hulle van die inperking kan herstel. President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat internasionale reis oop gestel word, is wyd verwelkom. Maar na maande van inperking die bedryf erge skade berokken het, is die konsensus dat herstel moontlik is. Soos Cobus Tomlinson van die Nelspruit LTO…
Môre se kragmeting tussen die Phakisa Pumas en Emirates Lions is uitgestel. Volgens SA Rugby het twee Pumas-spelers vanoggend positief getoets vir Covid-19. ‘n Speler het vroeër die week ook positief getoets. Al die spelers wat positief getoets het, het saam aan ‘n skrumoefening deelgeneem. Verskeie voorspelers is in kwarantyn…
‘n Ondersoek na ongeruimdhede in Covid-19-aankope in die provinsie wat twee weke moes duur, is na 12 weke nog nie afgehandel nie. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister bevestig dat sy nog net ‘n tydelike verslag daaroor ontvang het. Die provinsiale departemente van sport en samewerkende regering, die tesourie, Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad en…
Sanparke is gereed om alle Suid-Afrikaners volgende week gratis toegang tot hul parke te gee. Sanparke vier Nasionale Parkeweek gewoonlik in September, maar het dit vanjaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie. Woordvoerder vir die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, bevestig mense kan steeds bespreek om volgende week die park te besoek. Dit is…
Ses mense is sedert Saterdag in hegtenis geneem weens uitstaande verkeersboetes in Mpumalanga. Die departement van gemeenskapsveiligheid benadruk dat dit heroortreders is wat versuim om hul boetes te betaal, en dan in die hof te verskyn. Volgens die departement se Sibandiso Nkuna, is 15 mense met die meeste lasbriewe vir…
Die Nelspruit DBV se kosvooraad is tans weer baie laag. Hulle verwag dat veral die droë hondekos slegs nog ‘n week sal hou. Lize Pienaar, voorsitter van die Nelspruit DBV, sê hulle benodig veral kleiner korrels omdat al die verskillende honderasse dit kan eet. Verder het inperking ‘n negatiewe impak…
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle vanoggend ‘n transito-roof by The Square-sentrum in Mbombela probeer uitvoer het. Die voorval het om ongeveer 10:30 plaasgevind. Wahl Bartmann, die hoof van sekuriteit by Fidelity, het bevestig dat 'n wag aangeval is net nadat hy die Pick n Pay-winkel met…
‘n Vlieënier is Vrydagmiddag dood toe sy vliegtuig buite Nelspruit-vliegveld neergestort het. Netcare911 se helikopter-nooddienste was by die vliegveld toe die voorval plaasgevind het en het hulle na die toneel gehaas. Die ligte vliegtuig is deur vlamme verswelg. André van Heerden van Summerfields Rose Retreat & Spa se liggaam is…
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat R40 miljoen van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap ontneem is om die Covid-19-pandemie te beveg. Volgens die party dui die tweede kwartaal se verslag daarop dat die provinsiale tesourie die geld van veral klein besighede wat deur die agentskap ondersteun word, geneem het…
Hoërskool Bergvlam se Jerusalema-uitdaging is nou reeds 3,4 miljoen keer op YouTube gekyk. Meer as 'n duidend mense het ook reeds daarop kommentaar gelewer. Die meeste opmerkings is oor Alex Etsebeth, oftewel die seun met die rooi masker, wat die kollig steel. Volgens hierdie matrikulant het hy glad nie die…
AfriForum in die Laeveld het die Vrystaatse boere bygestaan ná verwoestende veldbrande. Plaaslike takke kon dié week brandstof van sowat 40 000-Rand skenk, sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word. Verder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek reg oor die Laeveld gereël. Volgens Chanté…
Mbombela skuld Eskom tans R530 miljoen. Dit het die afgelope week aan die lig gekom, na 'n spesiale raadsvergadering. Die munisipaliteit se maandelikse rekening beloop egter slegs sowat R70 miljoen. Volgens die munisipaliteit, is die wanbetaling weens hul ernstige kontantvloeiprobleme. Sanley van der Merwe, die leier van die DA in…
Elf mense, onder hulle die voormalige minister van staatsveiligheid, adv. Bongani Bongo, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. Hulle word ook beskuldig van die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA). Bongo was ten tyde van die vermeende…
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud. Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere. Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en…
4 Nov 2020 3AM
1 min
1700 – 1720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.