100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,799 Episodes
1720 – 1740

Mpumalanga gereed vir grootste eindeksamen nog

Mpumalanga se onderwysdepartement is gereed vir die grootste eksamen wat hulle tot nog toe moes bestuur. Die eindeksamen skop Donderdagoggend af. Jasper Zwane sê 'n totaal van 93 899 leerlinge sal in 556 eksamensentrums die vraestelle skryf, nadat die Junie-eksamen weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.
4 Nov 2020 3AM 1 min

Graskop neem aksie teen Thaba Chweu

Graskop se belastingbetalersvereniging (GRA) het ‘n dispuut verklaar met Thaba Chweu-munisipaliteit (TCLM) en weerhou nou hul tariewe en belasting. Volgens Lance Gibson het die meeste inwoners in Augustus reeds opgehou om die plaaslike owerheid te betaal. Buiten dat min dienste gelewer word, is die groep se hoofrede dat Thaba Chweu…
4 Nov 2020 2AM 1 min

Kroegeienaars in spervuur oor laat ure

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep gedoen op die polisie en Mpumalanga ekonomiese reguleerder (MER) om kuierplekke wat nie by inperkingsregulasies hou nie, op te skroef. Volgens haar woordvoerder, Moeti Mmusi, word die departement oorval met klagtes van die publiek oor kuierplekke wat na middernag oop is…
4 Nov 2020 2AM 1 min

Bergvlam-onnie gekies om land by internasionale toekennings te verteenwoordig

Hoërskool Bergvlam se Afrikaanse departementshoof, Louise Fullard, sal eersdaags Suid-Afrika by die internasionnale onderwystoekennings verteenwoordig. Fullard is in Februarie aangewys as die beste onderwyser in tegnologie in die land. Die minister van onderwys het haar daarna genomineer vir die internasionnale toekenning. 'n Totaal van 110 neem deel. Die seremonie is…
3 Nov 2020 7AM 1 min

KANSA-pretloop hierdie Vrydag by Mbombela

KANSA Laeveld se jaarlikse Skakerings van Pienk-pretloop vind Vrydagmiddag by Mbombela-stadion plaas. Dit het ten doen om bewusmaking oor kanker te bevorder, maar is ook 'n pret uitstappie vir die hele gesin. Jou R100-inskrywingsfooi gee elke vrou ook 'n gratis borsondersoek. Organiseerder, Pauline Moller, vertel vanjaar is die Pinky Phosa-Foundation…
2 Nov 2020 7AM 1 min

Klas van 2020 gegroet

Die skole het gesluit en die eindeksamen begin eersdaags. Hoërskool Nelspruit het Woensdagaand hul prysuitdeling gehou. Sport-, kultuur- akademiese- en diensleweringtoekennings is gemaak. Die gr. 12's se laaste skooldag op 16 Oktober was met ‘n gepaste afsluitingsdiens. Hoof, Johan Hattingh, het tydens die laaste skooldag die martriukalente bedank vir die…
26 Oct 2020 7AM 1 min

Gerrit Stander-saak uitgestel in hof

Die twee mans wat Gerrit Stander verlede week glo tydens ‘n huisroof in Plaston doodgeskiet het, het vanoggend in die Witrivier-hof verskyn. Daar was ‘n groot polisieteenwoordigheid en paaie is vir verkeer afgesper. Die twee verdagtes is Donderdag aangekeer. Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat die…
26 Oct 2020 6AM 1 min

Streng polisieteenwoordigheid by Witrivier-hof

Daar is vanoggend streng polisieteenwoordigheid by Witrivier-landdroshof, waar die vermeende moordenaars van Gerrit Stander sal verskyn. Stander is 'n week gelede tydens 'n roof by sy huis doodgeskiet. Die twee mans is Donderdag aangekeer. Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat die paaie rondom die hofgebou afgeblok is deur die…
26 Oct 2020 2AM 1 min

Rudy Oosthuyse wen 10de Cleaver-toekenning

Rudy Oosthuyse van Grove Superspar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen. Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise. Grove Superspar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika. Die slaghuis se 20 spanlede het vanoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld…
24 Oct 2020 6AM 1 min

Vermeende gewapende rowers vasgetrek na Badplaas-polisiestasie roof

Drie verdagtes wat na vermoede die Badplaas-polisiestasie in September beroof het, is aangekeer. Die Mpumalanga Valke se kaptein Lloyd Ramovha, sê hulle is gister in Mbombela vasgetrek. Die gesteelde vuurwapens, ‘n R5-aanvalsgeweer en twee pistole, is ook gekonfiskeer. Dit sal getoets word om te bepaal of dit in ander misdade…
23 Oct 2020 7AM 1 min

Twee verdagtes vasgetrek na moord op Witrivier-prokureur

Twee mans is gisteroggend in KaBokweni in hegtenis geneem vir die moord op Gerrit Stander. Hy is Maandagoggend verskeie kere geskiet tydens ‘n roof by sy huis in die Plaston-omgewing. Volgens die Valke is die mans aangekeer toe hulle ‘n selfoon, iPad, en naaldwerkmasjien wat tydens die roof gesteel is,…
23 Oct 2020 2AM 1 min

Mbombela-pastoor dankbaar om te lewe na fratsongeluk

Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship Nelspruit, sterk goed aan by die huis. Dit is vandag ses weke sedert sy ernstig beseer is in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig omgeslaan en op haar te lande gekom het. Na verskeie operasies om haar gebreekte bene te heg, ondergaan sy…
23 Oct 2020 2AM 1 min

Pumas sien uit na groot kragmeting teen Stormers

Die Phakisa Pumas speel môre hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld. Hul wedstryd teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af. Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die kragmeting. Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat…
22 Oct 2020 10AM 1 min

Geliefde Bergvlam-onderwyser sterf

Karen Britz se skielike afsterwe het Hoërskool Bergvlam vanoggend geruk. Sy was vir amper 32 jaar by die skool werksaam. Haar kollega en vriendin, Sanet Steyn, sê sy het einde verlede jaar ‘n beenmurg-oorplanting ondergaan. Dit was suksesvol maar sy het so twee weke gelede weer siek begin word. Britz…
22 Oct 2020 8AM 1 min

Krag meestal herstel na groot onderbreking in Mbombela

Groot dele van Mbombela het gister kragonderbrekings ervaar. Thea Rix van die Mbombela Water and Electricity-groep, sê die West Acres-omgewing was sedert gisteroggend vir sowat 18 ure sonder elektrisiteit. Daar word verstaan dat ‘n boukontrakteur kabels beskadig het. Die Delta-omgewing se krag is so 7-uur gisteraand onderbreek. Toevoer na Steiltes,…
22 Oct 2020 1AM 1 min

Toerisme herstel nog geensins nie

Terwyl die parlement die regering se ekonomiese herstelplan bespreek, sê plaaslike toerisme hulle het nog geen herstel gesien sedert inperking begin lig het nie. Oupa Pilane, die voorsitter van Satsa in Mpumalanga, kritiseer reeds maande al die regering se lukrake benadering tot die regulasies. Volgens Pilane hou hulle vol om…
21 Oct 2020 10AM 1 min

Innibos 2020 gekanselleer

Innibos het aangekondig dat die fees vir 2020 gekanselleer is. Dit sou in Desember plaasgevind het. Volgens die organiseerders is dit 'n hartseer besluit, en was hulle slaggereed om die fees aan te bied, maar is daar te veel onsekerheid weens die voortslepende Covid-19-pandemie. Die risiko is net te groot…
21 Oct 2020 5AM 1 min

Barbertonners aangemoedig om te kla oor waterrekeninge

Inwoners van Barberton het nie net ernstige beurtwater nie, maar moet nou glo ook baie meer daarvoor betaal. Inwoners kla dat hul onlangse waterrekeninge uitermatig hoer is as gewoonlik. Raadslid, Philip Minaar, sê mense moet fisiese klagtes daaroor by die munisipaliteit indien sodat dit ondersoek kan word.
20 Oct 2020 7AM 1 min

DA vra vir steun vir landelike veiligheidsplan

Die DA het ‘n beroep gedoen op alle politieke partye in Mpumalanga om hul landelike veiligheidsplan te steun. Dit volg op Gerrit Stander se moord op ‘n plaas by Plaston gister. DA-LPW Bosman Grobler sê die plan is nasionaal ontwikkel. Daarvolgens word spesiale eenhede in die polisie benodig om dit…
20 Oct 2020 5AM 1 min

Boer naby Witrivier geskiet

Gerhard Stander is vanoggend in die hospitaal dood, nadat hy geskiet is op sy plaas. Die voorval het ongeveer rondom 02:00 op die Standers se plaas in die Plaston-area naby Witrivier gebeur. Volgens Joe Pelser van AfriForum Witrivier het hulle tans beperkte inligting oor die aanval. 'n Onbekende aantal mans…
19 Oct 2020 5AM 1 min
1720 – 1740