100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,799 Episodes
1740 – 1760

Dogtertjie vyf jaar na haar tweelingboetie gebore

LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, en sy vrou, Zinhle, het gister hul tweede kind in die wêreld verwelkom. Sy is na in vitro-bevrugting in Surgiclinic Fertility in Nelspruit gebore. Embioloog, Cornelia van Zyl, verduidelik dat Nala en haar vyfjarige boetie eintlik ‘n tweeling is, aangesien hul…
17 Oct 2020 4AM 1 min

Pumas kort ‘n wen teen die Griekwas

Die Phakisa Pumas pak more die Griquas in hul tweede Vodacom Super Rugby Unlocked-wedstryd. Beide spanne benodig ‘n wen, nadat hulle verlede naweek nederlae gely het. Afrigter Jimmy Stonehouse het verskeie veranderinge aan die Pumas-span gemaak. Pieter Jansen van Vuren sal kaptein wees. Hy maak sy debuut in die pienk…
16 Oct 2020 7AM 1 min

Ekonomiese herstelplan verwelkom

President Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan fokus veral op die skep van werk, infrastruktuur en alternatiewe energie. Volgens Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, is dit goeie nuus, ook vir die Laeveld. Sy voeg by dat die plan hopelik sinvol geïmplementeer sal word. “Dit is sinvol om te kyk…
16 Oct 2020 6AM 1 min

Kaptein praat twee ure lank om selfdood te keer

‘n Jong man het gister ure op Rob Ferreira-hospitaal se dak gedreig om selfdood te pleeg. Die Mpumalanga Valke se kaptein Dineo Sekgotodi, het in haar hoedangheid as onderhandelaar ingegryp. Sy kon hom na amper twee ure oortuig om van die dak af te klim. Sekgotodi sê hy is aanvanklik…
15 Oct 2020 5AM 1 min

Massas boere vertrek na Senekal

Boere en ondersteuners van regoor Suid-Afrika sal na verwagting Vrydag saam in Senekal bymekaar kom. Die massarit begin Vrydag broegdag in Midrand. Een van die organiseerders van die massarit, Mbombela se past. TJ Mare van die 911Riders, sê egter dit gaan vir hulle daaroor om ondersteuning te wys aan die…
14 Oct 2020 8AM 1 min

Bestuurder borgtog geweier na twee matrieks sterf

Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee graad 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier. Hy het in die Mhkuhlu-landdroshof verskyn op twee klagte van moord. Hy het ‘n groep matrikulante glo met sy voertuig getref terwyl hulle op pad was huis toe na ‘n…
14 Oct 2020 8AM 1 min

Bogemiddelde reënseisoen in die Laeveld verwag

Die Laeveld het die afgelope paar weke baie goeie reënval ervaar. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit is te danke aan ‘n La Niña-stelsel en is nie regtig ongewoon vir hierdie tyd van die jaar nie. Mense kan wel ‘n bogemiddelde reënseisoen hierdie somer verwag. Edward Engelbrecht van die weerdiens sê…
6 Oct 2020 6AM 1 min

Mnr. en Mej. NHS aangewys

JG Pansegrouw en Lourese Kempen is Donderdag as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys. Meer as ‘n duisend toeskouers het die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon. Twintig Nellies het deelgeneem en geskitter in hul formele drag. Virtuele uitsendings van die sangers Appel, opkomende ster Bernice West en Jo Black…
5 Oct 2020 8AM 1 min

Mpumalanga vier Wêreld-onderwysersdag by Bergvlam

Vandag is Wêreld-onderwysersdag. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het die vieringe by Hoërskool Bergvlam bygewoon. Leerlinge van Bergvlam, Hoërskool Nelspruit, Lowveld High en studente van MRTT het saam ‘n 20-meter koek gebak om onderwysers mee te bedank. Dit sal aan spesiale skole in die provinsie geskenk word. Majuba…
5 Oct 2020 7AM 1 min

Mankele sluit hul deure

Mankele het aangekondig dat hulle van volgende Maandag amptelik toe sal wees. Dit is al sedert 2007 ‘n welbekende bestemming vir kamp, fietsry en avontuur in die Laeveld. Die eienaars het die aankondiging gister op hul Facebook-blad gemaak. Volgens hulle is die sluiting weens die ekonomiese klimaat. Hulle sê hulle…
3 Oct 2020 6AM 1 min

Ereveldwagters lewenslyn vir Kruger se honde-eenheid

Die Krugerwildtuin se sukses teen renosterstropery is grootendeels te danke aan die snuffelhonde, sê Johan de Beer, bestuurder van die wildtuin se honde-eenheid. Hy het gisteraand by Trappers ‘n praatjie gelewer oor hoe suksesvol hulle stropers aankeer. Die eenheid het egter hierdie jaar sewe honde verloor. Weens inperking is hul…
1 Oct 2020 5AM 1 min

Mpumalanga-swemmers terug in die water

Plaaslike swemmers kon weens die Covid-pandemie nie soos gewoonlik vir die seisoen voorberei nie, maar hulle is terug in die water. Van Riebeeck Park-swembad in Mbombela het onder vlak een van inperking, heropen vir oefening en kompetisies, maar nie die algemene publiek nie. Swemmers en klubs moet by Mpumalanga Swem…
30 Sep 2020 8AM 1 min

Mienke Mulder se lewe vandag herdenk

Klein Mienke Mulder se gedenkdiens sal vanoggend op haar Facebook-blad uitgesaai word. Die driejarige is sowat twee weke gelede oorlede, nadat sy ernstige breinskade opgedoen het in twintig-sewentien. Haar ouers, Ryno en Verna Mulder, sê dit is baie moeilik om slegs honderd mense na die diens toe te mag nooi,…
29 Sep 2020 1AM 1 min

Ehlanzeni-voorsitter vereer vir krieketontwikkeling

Peet Welthagen is die naweek by die Mpumalanga-sporttoekennings spesiaal vereer deur die LUR vir sport en ontspanning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van krieket in die provinsie. Welthagen is die voorsitter van Ehlanzeni Krieket en dien op die bestuur van Mpumalanga Krieket. Hy sê tot dusver is sy eie…
28 Sep 2020 11AM 1 min

TRAC ervaar besigste naweek van 2020

Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover. Trac se woordvoerder, Solange Soares, sê verkeersvolumes het gister hul piek bereik. Meer as een-duisend-nege-honderd voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings. Machadodorp was amper so besig, met meer as een-duisend-vyf-honderd voertuie deur die…
28 Sep 2020 9AM 1 min

Mpumalanga sporttoekennings gekritiseer oor lokaal

Vanjaar se Mpumalanga sporttoekennings was egter nie sonder omstredenheid nie, met verskeie mense wat die kwessie opgebring het dat dit glad nie in die provinsie gehou is nie, maar in Gauteng. Woordvoerder vir die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning wat die geleendheid reel, Sibongile Nkosi, sê die toekennings…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Twee brande in wildtuin steeds ondersoek

Woordvoerder, Ike Paahla, voer aan dat die onlangse brande in Letaba- en Berg-en-dal-kampe steeds ondersoek word. Die uitslae sal aan die publiek gekommunikeer word sodra dit bekend is.
28 Sep 2020 6AM 1 min

Besige naweek in die Kruger

Die Krugerwildtuin het ‘n besonder besige langnaweek ervaar. Dagbesoekers is vooraf gewaarsku om hul plekke te bespreek of om vroeg op te daag omdat die park se besoekerskwota daagliks streng toegepas sou word. Woordvoerder Ike Phaahla sê die meeste hekke se kwotas is vroeg elke oggend reeds gevul. Hy voeg…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Pediatric Care tevrede met motorfietsrit vir operasies

Pediatric Care Africa is tevrede met hul fondsinsamelings-rit die afgelope naweek om geld in te samel vir kinders se operasies. Stigter dr. André Hattingh het van Donderdag tot Sondag verskeie groot dorpe in Gauteng en Mpumalanga per motorfiets besoek. Hy het net meer as ‘n duidend kilometer afgelê. Hulle moet…
28 Sep 2020 2AM 1 min

Pediatric Care vertrek op duisend kilometer motorfietsrit

Pediatric Care Africa het vanoggend vanaf Witrivier op ‘n fondsinsamelings-rit vertrek. Die groep motorfietsryers sal oor vier dae ‘n duisend kilometer aflê om geld in te samel vir operasies vir kinders in nood. Pediatric Care-stigter, dokter André Hattingh, sê hulle het tydens inperking al hul fondse gebruik om kospakkies aan…
24 Sep 2020 5AM 1 min
1740 – 1760