Na alles wat matrikulante vanjaar moes deurmaak, moet hulle vir die eerste keer landwyd twee moeilike vraestelle herskryf - en dit moontlik omdat 'n handjievol leerlinge gekul het. Dit nadat die wiskune en fisiese wetenskap vraestelle twee uitgelek het. Die minister voer aan dit was 'n moeilike besluit, maar dit…
Msholozi-informele nedersetting gaan eersdaags, na vyf jaar, geformaliseer word. Mbombela-stadsraad is tydens ‘n onlangse raadsvergadering ingelig dat die implementering van dienste deur die departement van menslike nedersettings befonds sal word. Formalisering sal die munisipaliteit in staat stel om inwoners vir dienste te laat betaal. Veilige toegangspaaie moet ook gebou word…
‘n Verdagte wat Saterdag ‘n gesteelde bakkie agterop ‘n trok Mosambiek toe wou smokkel, is steeds soek. ‘n Ford Ranger is op die trok versteek met ‘n vrag tradisionele besempies. Die bakkie is Maandag in Gauteng gesteel. Cartrack het dit tot by die Lebombo-grenspos nagespeur. Die polisie het ondersoek ingestel…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen. Dit na vier vroue gister in ‘n ongeluk op die N4 naby Schagen dood is. Volgens die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, het hulle teen ‘n trok gebots. Hy sê daar word beweer…
Die roudiens vir Carel Robberts, ‘n graad 12-leerling aan Hoërskool Bergvlam, sal Dinsdag gehou word. Dié matriuklant is die afgelope Dinsdagaand in ‘n motorongeluk oorlede. Hy het op 5 September 18 jaar oud geword en was besig met die eindeksamen. Die diens Dinsdag is om 11-uur by die NG Kerk…
Daar is ‘n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela. Van Wijkstraat Dierehospitaal sê hulle het die afgelope week 10 gevalle gehad. Volgens dokter Christo Nortjé is die siekte baie dodelik vir honde. Hy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense…
Mpumalanga Rugby se nuut aangestelde uitvoerende hoof wil hê klubrugby moet so gou moontlik hervat. Marius van Rensburg sal vanaf 1 Januarie die pos beklee wat in Augustus deur Pieter Burger vakant gelaat is. Van Rensburg sê die aanstelling is ‘n groot eer en verantwoordelikheid. Hy voel sterk dat die…
Die feesseisoen is hier, en met dit saam is misdadigers geneig om meer aktief te wees. Die polisie het reeds hul Veiliger Feesseisoen-operasie geloods met die tema tema is “Stywe greep”. Hulle sal in dié tyd hul sigbaarheid verhoog met die doel om die welstand enveiligheid van alle Suid-Afrikaners in…
Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is. Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur. Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en…
Dit is vandag 8 maande sedert die staat van inperking in werking getree het. Die ekonomie is op sy knieë en duisende mense het hul werke verloor. Toerisme is in sy peetjie in. Maar dit is nie alles verdoemenis en somberheid nie. Welwillendheidsorganisasies stem saam dat mense in hierdie tyd…
Die Phakisa Pumas skop vanaand die Curriebeker af teen die Cell C Sharks. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het ses veranderinge aan sy beginspan gemaak. Die pienk truie se krukkelys is lank, maar hy sê die span het gewys hulle het meer diepte as wat hy gedink het. Die Sharks is egter…
‘n Beplande protesaksie kan na verwagting more toegang tot die Krugerwildtuin ontwrig. Dit is glo weens ‘n arbeidsdispuut op ‘n plaas buite die wildtuin. Die plaas is langs die R570-pad wat na die Malelane-hek lei. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Krugerwildtuin, Ike Phaahla, kan dit toegang tot die hek…
‘n Graad 6-leerling van die Gekombineerde Skool Bankfontein is vanoggend dood, na ‘n Jojo-tenk by die skool glo op haar geval het. Die skool is in die Steve Tshwete-munisipalitiet geleë . LUR vir die Mpumalanga departement van onderwys, Bonakele Majuba, sal Donderdag die skool en die dogter se familie besoek…
Sanparke het aangekondig dat die soektog na hul vermiste veldwagter steeds voortduur. Checkers Mashego het verlede Dinsdag in die Krugerwildtuin vermis geraak. Hy is laas in die Stolsnek-area gesien. Die polisie, Sanparke en gemeenskap soek sedertien na hom. Volgens die wildtuin se Ike Phaahla, hoop en bid hulle vir Mashego…
TRACN4 borg vanjaar weer ‘n ronde van die nasionale tydren-kampioenskap. Die TRACN4 Nasionale Tydren sal op 27 en 28 November in Dullstroom plaasvind. Dit tel as ronde vyf en ses van die kampioenskap, wat vanjaar 60 jaar oud is. Van die land se topryers sal deelneem. TRAC se Solange Soares…
Die man wat Etienne van Wyk in 2007 glo in sy huis in Steiltes gemartel en vermoor het, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die 42-jarige Mafika Ronnie Nkosi is amper twee weke gelede deur die Valke en Elukwatini speurders vasgetrek. Die Valke se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê Nkosi…
Danie Bester van Balfour is gisteraand aangewys as TLU SA se Jongboer vir 2020. Dié 35-jarige boer al die afgelope 12 jaar saam met sy pa op die plaas Rietbult, waar hy mielies en sojaboontjies verbou. As wenner van die kompetisie ontvang Bester ‘n oorsese reis na die Manitou fabriek…
Sanparke soek onverpoosd na die veldwagter wat Dinsdagaand in die Krugerwildtuin vermis geraak het. Checkers Mashego is ses dae gelede laaste in die Stolsnek-area gesien. Volgens die wildtuin se Ike Phaahla het hulle geen nuwe leidrade nie. Hulle soek ook ‘n ent buite die grensdraad. Die polisie het ‘n ondersoekspan…
Die Phakisa Pumas sal hierdie naweek hul wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls kan speel. Dit was in die weegskaal na verskeie Pumas-spelers verlede week positief getoets het vir Covid-19. Die voorry was daarom in kwarantyn, maar hul toetse wys hulle kan speel. Net Dewald Maritz is nie vir die…
Die Blue Moon-konsertreeks is uiteraard ook ‘n huldeblyk aan Anthony Bumstead, wat Blue Moon amper 20 jaar gelede begin het. Hy is in Augustus vanjaar dood. Kaartjies beloop R180 per persoon en is beskikbaar by itickets. ‘n Paar sal ook by die hekke te koop wees, maar net 500 mense…
19 Nov 2020 10AM
1 min
1680 – 1700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.