GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
511 Episodes
380 – 400

#DieGrootTrek - Ian Cameron (Action Society SA)

Ons almal het die video gesien op sosiale media waar Minister van Polisie Bheki Cele vir Action Society SA se Ian Cameron uit die saal uit jaag. Ons gesels met Ian om te hoor wat presies die storie daar was en ook wat die werk van Action Society SA is.
19 Jul 2022 29 min

#JouGrootKuier - DroomSindroom

Die sosiale media sensasie en huidige nommer 1 op die Groot20, DroomSindroom kuier die week in die ateljee vir Jou Groot Kuier.
15 Jul 2022 34 min

#JouGrootKuier - Janie Bay

Die super talentvolle Janie Bay kuier by Doepie en Nina vir Jou Groot Kuier. Sy bederf ons met 'n paar akoestiese weergawes van haar liedjies en n cover van Post Malone se circles.
8 Jul 2022 35 min

#JouGrootKuier - Martin Bester & Loufi

Twee groot name in die afrikaanse musiek industrie kuier vandag op Jou Groot Kuier. Martin Bester en sy band voer vir ons Lilly Live op en Loufi wys hoe mens n rap los slaan met Wit Skoene.
1 Jul 2022 36 min

#DieGrootTrek - Genl. Johan Jooste - Rhino War

'n Dag in die lewe van afgtrede Generaal Johan Jooste wat gevra is om ons nasionale parke se bewaarders met sy militere agtergrond te kom oplei om seker te maak dat die bewaarders stropery kan bekamp.
27 Jun 2022 33 min

#JouGrootKuier - Wikus Botma

Die talentvolle Wikus Botma kuier vandag op die King Price Rooi stoel vir Jou Groot Kuier. Die man slaan uit met n paar lekker akoestiese nommers van sy eie liedjies en ook 'n paar covers wat jou mond sal laat oop hang.
24 Jun 2022 32 min

#DieGrootTrek - Norman MacFarlane (Secret War in Angola)

Norman vertel ons meer van sy ervaring as jong man in die weermag en die oorlog in Angola. Nie net vertel hy van sy tyd daar nie maar al die letsels wat agter gebly het na die oorlog en hoe hy om hulp moes vra om homself weer te vind.
23 Jun 2022 32 min

#JouGrootKuier - Jo Black

Die legende Jo Black kuier op die King Price rooi stoel vandag met splinternuwe liedjies van sy nuwe album Vegter.
17 Jun 2022 30 min

#JouGrootKuier - Jennifer Zamudio

Die mense is gaande oor Jennifer en dis maklik om te sien hoekom. Jen gesels lekker saam Doepie en Nina oor haar sang loopbaan en ook wat sy gedoen het voor sy begin sing het.
10 Jun 2022 33 min

#DieGrootTrek - Stephanie Baardman

Meeste mense ken haar as "Bibi" van Getroud met Rugby, Stephanie kom kuier by Doep en Niens en gesels meer oor oorklankingswerk, haar TV loopbaan en hoe sy haarself uit 'n baie slegte verhouding gekry het en sterker anderkant uitgekom het.
9 Jun 2022 30 min
380 – 400