Marianne Peak

Loading player...
Hoe sus die vyand ons nie aan die slaap nie en sy sagste teiken? Ons kinders. Daar is soveel speelgoed, rolprente en karakters wat hieruit voortspruit ... en ons kinders dra die uitbeeldinge daarvan op hulle klere, hulle kry speelgoed wat hierdie karakters voorstel en ons glo liggelowig dat dit alles geheel onskuldig is, want ons glo nie dat die geesteswêreld ‘n donker kant het met ‘n krag wat ons en ons kinders kan beïnvloed nie. Luister gerus na Delf Steeds Dieper wat op 7 Augustus 2023 uitgesaai is. Marianne Peak is Esté se gas in die ateljee. Marianne is onder andere ‘n berader wat male sonder tal saam met ouers kon bid vir rus en vrede by hulle kinders wat negatief beïnvloed is deur hierdie dinge.
7 Aug 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 3 Okt 2025

Vandag sluit ek my radio loopbaan op ‘n hoë noot af met Jaco Scholtz wat ons verder leer ten opsigte van die volheid en die waarheid van die betekenis van die boek Openbaring. As jy die vorige aflewerings gemis het – soek dit gerus op Potgooi!! Luister seblief na wat…
3 Oct 1 hr 37 min

Delf Steeds Dieper - 26 Sept 2025

Jaco Scholtz leer my – mense wat hulle nie aan Profesie uit die Bybel steur nie, is soos ‘n passasier in ‘n vliegtuig waarvan nie navigasie of kommunikasie werk nie, maar die brandstof is genoeg – al het jy geen idee waarheen jy op pad is nie, jy bly in…
26 Sep 1 hr 23 min

Delf Steeds Dieper - 19 Sept 2025

Jaco Scholtz leer my – mense wat hulle nie aan Profesie uit die Bybel steur nie, is soos ‘n passasier in ‘n vliegtuig waarvan nie navigasie of kommunikasie werk nie, maar die brandstof is genoeg – al het jy geen idee waarheen jy op pad is nie, jy bly in…
19 Sep 1 hr 22 min

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min