Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Loading player...
Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou fokus? Van waar verwag jy oplossings!? Arno van Niekerk is betrokke by die beweging “Time to Rise SA” met die sub-opskrif: “Uniting for Change”. Is dit nie waar ons Vader ons heen roep nie!? Luister, bid en beweeg sáám!

Kom kuier gerus saam rondom dit wat ons kan leer van spesifieke vroue van die Bybel!!

DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die Heiligdom” dra die boodskap van oorgawe aan ons Vader en Sy Gees, met passie oor!! Luister en word geïnspireer! Elizabeth Jordaan het toestemming om hierdie boek op PDF aan te bied. As jy daarin belangstel om dit by haar aan te vra, kontak haar seblief op haar selnommer 082 775 3793
5 Sep Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 1 Aug 2025

Ons groep van vier gesels andermaal oor die belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert, Marianne Peak, Roy Steward en ekself gesels oor die belangrikste opdrag ooit – “Gaan en maak dissipels!” Klink na ‘n eenvoudige opdrag – maar vir elkeen van ons…
1 Aug 1 hr 38 min