Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly
Afrikaans South AfricaReligion & Spirituality · ChristianityAuthored by Este Geldenhuys
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, is Este se eerste gas Dr Derheta du Raan, ‘n dame wat baie diep en besonder ver delf na WAARHEID. Om na haar te luister is om aangemoedig te word om dieper te dink oor dinge wat ons gedink het ons verstaan, maar…
Arno van Niekerk open die program met 'n bemoedigende woord om die volk op te roep tot fokus op ons Vader. Careen Visagie, 'n dieetkundige, gee graag raad oor gesonde eetgewoontes. Kom ons eet onsself gesond! Elizabeth Jordaan neem ons verder op die kosbare lewenspad van Andrew Murray.
Vandag se program word geopen met die kosbare Godsman Hugo van Niekerk. Hy leer ons in hierdie bydrae oor die verhouding tussen man en vrou. Hoe staan ons voor ons Vader-God teenoor mekaar? Daarna kom Jamie en Lea Peters aan die beurt, twee mense uit die VSA wat reeds jare…
Este se seun Coert, sy vrou Ilze en hulle kinders het gedurende die Julie skoolvakansie, in Jerusalem gaan kuier. Hulle was vir ‘n week by Martie Nel in Beit Chay. Coert, sy vrou Ilze en hulle drie kinders, Amelie, Marcel en Beth vertel van hulle belewenis in Israel. Daarna gesels…
Arno van Niekerk open hierdie program met ‘n bemoedigende Woord vir ons mense van Suid Afrika. Ons leef in tye waar ons waarlik op die regte dinge moet fokus en ons saak met ons Maker op vaste fondamente moet bou. Dr Eunice van der Merwe is die tweede gas in…
In Matt. 4:10 praat ons Messias met satan as Hy vir hom sê: "Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien." Maar wat beteken dit regtig en wat behels dit om die Lewende God te aanbid? Hierdie vraag en veral…
Elsa van Wyk en haar man woon tans in Vryburg in Noord-Wes. Oor die afgelope jare het ons Vader haar opgerig om nie net vir haarself nie, maar ook ter wille van ander, fokus op Hom te plaas. Sy gesels oor die belangrikheid daarvan om vir jouself doelwitte te stel…
Wanneer 'n nuwe jaar aanbreek wonder ons dikwels - wat sou hierdie jaar inhou!? Dit is wanneer ons nooit moet vergeet dat ons Hemelse Vader reeds weet... Ter wille van ons Vader se "WEET", draai ons in hierdie aanbieding na Hom toe om raad te gee vir 2025. Behalwe dat…
Kom stap gerus saam deur 'n stuk van Nostalgie-laan! Luister weer na Oom Willie Marais en Lisbe Visser uit die argief, ook Izak Coetzee en Elizabeth Jordaan wat vanjaar Vader se waarheid met ons gedeel het in Delf Steeds Dieper. Mag hierdie inhoud jou seën!
Careen Visagie leer ons meer oor die invloed wat kos en spesifieke soorte kos soos suiker en gluten, op ons gesondheid het - maar meer nog, ons vermoë om te konsentreer en selfs te onthou. As ons regtig begeer om die stem van ons Vader suiwer te hoor, moet ons…
Derheta Du Rhaan is 'n dame wat mense begelei om in vrede en opregtheid, by hulle ware Self uit te kom. Sy kom gesels oor die heerlike gedagte "Wees goed vir jouself" - veral in hierdie dae. Hoe gemaak om nie die nuwe jaar in te gaan met die ou…
Baie mense beleef aan die einde van 'n jaar intense futloosheid, moegheid, tot in jou "bones" toe moeg!! Wat maak ons daarmee!? Prof Wentzel Coetzer gee raad met "uitbranding"! Luister en leer - dalk rus jy dan meer!! Elizabeth Jordaan vertel verder van die reuse invloed wat kosbare Andrew Murray…
In hierdie program gaan alles oor oë. Eers gesels ons oor geestelike oë. Wat vra dit van my en jou om in die geestelike te kan sien, te kan onderskei en hoe gemaak om te weet dat wat ek beleef Goddelike waarheid is? Begeer jy om jou geestelike oë te…
Pediatriese onkologie is nie ‘n onderwerp waaroor daar baie gepraat word nie – maar wanneer dit deel van jou gesin of familie se lewenservaring word, is ek oortuig dat ‘n mens wens jy het meer daarvan geweet. Luister gerus in hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper wanneer dr Ané Büchner,…
Verlede week het ons die voorreg gehad om te gesels met Jaco Scholtz, 'n man wat 'n intense studie gemaak het van profesie in die Bybel. Uiteindelik was verlede week se gesprek net maar 'n lus maker. Daarom die besluit om Jaco te vra om sy hart uit te praat…
Eerlik, met die oorlog in Israel wat steeds wyer uitkring, vra mense - waar gaan dit alles heen? Dis 'n goeie vraag wat vra vir 'n verantwoordelike antwoord. Jaco Scholtz is 'n ernstige student van die Woord - die Bybel. Luister asseblief na sy kosbare uiteensetting van die rol van…
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, kom Elizabeth Jordaan eerste aan die Woord met ‘n verdere vertelling van die wonder van die lewe van Andrew Murray. Moet dit nie misloop nie. Israel Illuz is ‘n man wat as Ortodokse Jood in Israel grootgeword het. In sy volwasse lewe het…
Saterdag 12 Oktober is die datum waarop Yom Kippur vanjaar gevier word. Op verskillende plekke word groot dinge gereël, onder andere in Pretoria by Loftus Versveld - Saterdag 3namiddag. Om te besig oor waarom ons aan so iets moet deel hê, gesels ons eerste met Marinda du Preez wat die…
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper gesels Este eerste met Elizabeth Jordaan wat verder vertel van die wel en weë en veral die geweldige invloed wat Andrew Murray op die ontwikkeling van "Kerk" in SA gehad het. Dit is veral die verskille wat in hierdie deel van die vertelling…
4 Oct 2024
1 hr 33 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.