Senwes Agri Credit Solutions verstaan jou behoeftes

Loading player...
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Francois de Kock, uitvoerende hoof van Agri Credit Solutions. Hulle verstaan ʼn landboukliënt se finansieringsbehoeftes en hanteer – behalwe vir insetfinansiering en termynlenings – ook die blitsige uitbetaling van kliënte se graanverkope. Francois sal ook Senwes se welvaartbeplanningsdiens, ekonomiese ontledings en versekeringsdienste aanraak.
17 May 2024 Afrikaans South Africa Business · News

Other recent episodes

Ons gesels met Isobel Nienaber oor haar ervaring van ’n AgriRewards+ projek.

Tydens vandag se NAMPO Oesdag landbou-uur gesels OFM met Isobel Nienaber oor haar ervaring van ’n AgriRewards+ projek. Van beter toegang tot noodhulp tot vinniger reaksietye wys haar storie hoe belangrik hierdie tipe ondersteuning in ’n gemeenskap is. Dit is waar die spore die duidelikste wys, in mense se lewens.
13 May 5 min

Ons gesels met die Manna Studiegroep, een van die AgriRewards+ Top Drie projekte.

OFM gesels vandag tydens die NAMPO Oesdag landbou-uur met die Manna Studiegroep, een van die AgriRewards+ Top Drie projekte. Hulle het hul AgriRewards+ uitbetaling gebruik om ’n voertuig te omskep in ’n noodreaksie-eenheid wat ’n groot landbougebied bedien waar hulp nie altyd vinnig beskikbaar is nie. Hulle is ook betrokke…
12 May 2 min

Ons gesels met Debbie Bester, uitvoerende hoof van die Senwes Groep.

Tydens vandag se NAMPO Oesdag landbou-uur gesels OFM met Debbie Bester, uitvoerende hoof van die Senwes Groep. Senwes sien landbou as meer as net produksie. Dit gaan ook oor die rol wat produsente en organisasies in hulle gemeenskappe speel. Van padinstandhouding tot inisiatiewe soos AgriRewards+ fokus Senwes daarop om saam…
11 May 1 min