
Om klaar te maak
Loading player...
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, kom die begrip van “om klaar te maak” of “af te rond” sterk deur. Arno van Niekerk sê dankie vir al die gebed wat ten opsigte van die verkiesing opgegaan het. Marianne Peake is Esté se gas om te gesels oor “Vergifnis” – maak klaar met wat was deur te vergewe – wat behels vergifnis!? Denise Woods gesels ‘n laaste keer oor die kosbare bydrae wat Past. Daniel Lindley in die jare van die Voortrekkers in Suid-Afrika gemaak het. Herman Pienaar van George vertel van die uitdagings wat hulle in George beleef het met die gebou wat ineen gestort het en dan is daar ten slotte weer die kosbare Oom Wille Marais wat die belangrike vraag vra: “Sal my geloof bly staan”. Luister gerus en word gevoed met Woord.