Delf Steeds Dieper - Vrydag 16 August 2024

Loading player...
Jaco Scholtz is ‘n kosbare man wat hom bekwaam het in die studie van die Bybel onder andere deur Teologie te studeer. Jaco se passie vir begrip van die waarheid het gelei tot die skryf van ‘n boek: Profesie Bybel. Hierdie boek bevat die 2020 vertaling van die Nuwe Testament (in Afrikaans) asook 53 artikels oor profesie in die NT, geplaas in die teks waar verwysing daarna voorkom.
Jaco verduidelik in hierdie program van die profesieë en ook die verwagting wat dit steeds by ons skep.
Elizabeth Jordaan gesels verder oor die wel en weë van Andrew Murray as jong predikant en die invloed wat hy in die destydse Vrystaat en Transvaal en veral destydse Voortrekker gespeel het.
Luister gerus en leer!
16 Aug 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 6 Junie 2025

Pieter Barnard is geen onbekende op Radio kansel nie!! Heerlik om vandag my vriend en kollega by my in die ateljee te verwelkom!! Pieter het altyd ‘n praktiese vars kyk op dinge. Vandag gesels ons oor “SWAARKRY.” Hoekom is swaarkry deel van ons lewe? Hoe hanteer ons dit? Daarna ‘n…
6 Jun 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - 23 Mei 2025

Wat ‘n voorreg om vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd met Bennie Mostert te kan gesels! Bennie is een van ons land se strydrosse waar dit kom by gebed. Ons Vader openbaar Hom altyd dieper en dieper aan hierdie man. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Elizabeth Jordaan…
23 May 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 16 Mei 2025

Izak Coetzee het geen bekendstelling in hierdie program nodig nie. Kosbare Izak kom gee ‘n dieper verstaan van dit wat vir ons opgeteken staan in Jeremia 31 en ook Esegiel 36. Kyk eers na die twee hoofstukke voordat jy na die Potgooi luister! Andermaal teen tien oor tien sal Elizabeth…
16 May 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 9 Mei 2025

Op 25 April – presies twee weke gelede – het ek die voorreg gehad om Marianne Peak uit te saai en sy het gesels oor vergifnis. Ons kon daardie dag nie diep genoeg gesels nie en het toe belowe om haar weer uit te saai. Hier is dit. Marianne Peak…
9 May 1 hr 32 min

Delf Steeds Dieper - 2 Mei 2025

By ‘n vorige geleentheid was Prof Wentzel Coetzer my gas toe ons gesels het oor die grootmaak van dogters. Die tyd het ons ingehaal – daar was nog baie om oor te gesels. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, is Prof Wentzel terug om ons verder wakker te maak…
2 May 1 hr 33 min