Delf steeds Dieper - 11 Okt 2024

Loading player...
Saterdag 12 Oktober is die datum waarop Yom Kippur vanjaar gevier word. Op verskillende plekke word groot dinge gereël, onder andere in Pretoria by Loftus Versveld - Saterdag 3namiddag. Om te besig oor waarom ons aan so iets moet deel hê, gesels ons eerste met Marinda du Preez wat die betekenis van Yom Kippur verduidelik.

Daarna kry drie persone wat waarlik 'n pad met ons Vader stap, geleentheid om te vertel watter elemente in hulle verhouding met ons Vader, vir hulle onontbeerlik is: Dr Arno van Niekerk, Peet Bekker en Mariaan Peak sal afsonderlik hulle getuienis gee.

Elizabeth Jordaan is ook weer terug om te vertel van Andrew Murray se lewe in Wellington. Onder meer vertel sy van die tot standkoming van die Hugenote Kollege in Wellington. Moet hierdie gesprek nie misloop nie.
11 Oct 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 18 April 2025

Wat 'n voorreg om op hierdie spesiale dag te kan uitsaai. Die dag waarop ons die grootste gebeurtenis vir die mensdom ooit gedenk - ons Messias wat namens die mens die satan en sy hel oorwin het!! Om oor hierdie kosbare oorwinning te gesels, kuier Past. Phillip Pretorius by my…
18 Apr 1 hr 19 min

Delf Steeds Dieper - 11 April 2025

Heerlik om mense van wie se betsaan jy nie geweet het nie, skielik op sosiale media te ontmoet! Nadia Roux is iemand wat ekself nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie, maar wat ‘n getuienis het hierdie meisie nie!! Die oproep van ons Vader ontvang, in Wes Afrika gaan…
11 Apr 1 hr 27 min

Delf Steeds Dieper - 4 April 2025

Dit was onlangs ‘n voorreg om Hugo van Niekerk in Delf Steeds Dieper uit te saai. Daar was soveel navraag en reaksie op sy verduideliking van die nood om die Evangelie van Verlossing aan verlore gaande volke te verkondig, dat ons Hugo terug genooi het om dieper te vertel!! Het…
4 Apr 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 28 Mrt 2025

Wat is die grootste iets wat ons vir mekaar kan doen – dalk om mekaar te seën? Wat verstaan ons van seën? Prof Wentzel Coetzer, lank verbonde aan Potchefstroom se universiteit, gesels oor die wonder van seën! Moet hierdie gesprek nie misloop nie!! Elizabeth Jordaan sal weer die program afsluit…
28 Mar 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 21 Mrt 2025

Daar gebeur dinge in Afrika waaroor niemand praat nie. Diegene wat glo in Jesus Christus word ter wille van hulle geloof aangeval en selfs doodgemaak. Die Liggaam van Christus moet weet daarvan sodat ons kan bid oor die situasie! Hugo van Niekerk weet meer van hierdie dinge as die gewone…
21 Mar 1 hr 29 min