Delf Steeds Dieper 25 Okt 2024

Loading player...
Eerlik, met die oorlog in Israel wat steeds wyer uitkring, vra mense - waar gaan dit alles heen? Dis 'n goeie vraag wat vra vir 'n verantwoordelike antwoord. Jaco Scholtz is 'n ernstige student van die Woord - die Bybel. Luister asseblief na sy kosbare uiteensetting van die rol van die God van die Verbond of liewer VERBONDE, in Wie ons glo. Elke verbond wat Hy ooit met die mens gesluit het, sal in vervulling gaan. Luister, leer en verstaan. Ons het ook nodig om te verstaan dat hierdie lewe waarin ons staan, nie vir altyd sal aangaan nie. Vir 'n interessante artikel oor Israelologie, kliek hier: https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/2231/4590

Dan is daar Richard en Heleen de Winnaar wat kosbare werk doen onder kinders in die omgewing van Ladysmith in die Klein Karoo. Waarlik - ook hulle werk met kinders wat blootgestel is aan Fetale Alkohol Sindroom.

Die program sluit af met die absoluut kosbare verhaal van twee tieners wat in George bly, wat deur ons Vader Self oortuig is om mense aan te raak met Lewe in Christus deur hulle getuienis en ook die uitdeel van Bybels! HalleluYah vir ons jeug wat opstaan vir Christus!
25 Oct 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 6 Junie 2025

Pieter Barnard is geen onbekende op Radio kansel nie!! Heerlik om vandag my vriend en kollega by my in die ateljee te verwelkom!! Pieter het altyd ‘n praktiese vars kyk op dinge. Vandag gesels ons oor “SWAARKRY.” Hoekom is swaarkry deel van ons lewe? Hoe hanteer ons dit? Daarna ‘n…
6 Jun 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - 23 Mei 2025

Wat ‘n voorreg om vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd met Bennie Mostert te kan gesels! Bennie is een van ons land se strydrosse waar dit kom by gebed. Ons Vader openbaar Hom altyd dieper en dieper aan hierdie man. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Elizabeth Jordaan…
23 May 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 16 Mei 2025

Izak Coetzee het geen bekendstelling in hierdie program nodig nie. Kosbare Izak kom gee ‘n dieper verstaan van dit wat vir ons opgeteken staan in Jeremia 31 en ook Esegiel 36. Kyk eers na die twee hoofstukke voordat jy na die Potgooi luister! Andermaal teen tien oor tien sal Elizabeth…
16 May 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 9 Mei 2025

Op 25 April – presies twee weke gelede – het ek die voorreg gehad om Marianne Peak uit te saai en sy het gesels oor vergifnis. Ons kon daardie dag nie diep genoeg gesels nie en het toe belowe om haar weer uit te saai. Hier is dit. Marianne Peak…
9 May 1 hr 32 min

Delf Steeds Dieper - 2 Mei 2025

By ‘n vorige geleentheid was Prof Wentzel Coetzer my gas toe ons gesels het oor die grootmaak van dogters. Die tyd het ons ingehaal – daar was nog baie om oor te gesels. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, is Prof Wentzel terug om ons verder wakker te maak…
2 May 1 hr 33 min