Delf Steeds Dieper - 1 Nov 2024

Loading player...
Verlede week het ons die voorreg gehad om te gesels met Jaco Scholtz, 'n man wat 'n intense studie gemaak het van profesie in die Bybel. Uiteindelik was verlede week se gesprek net maar 'n lus maker. Daarom die besluit om Jaco te vra om sy hart uit te praat en dit gebeur in hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper.

In sy gesprek het Jaco een fondasie - die Woord van God. Hou asb. skryfgoed gereed en wees ook gerat om te stop sodat jy kan aantekening maak. Ons moet met begrip verstaan wat Jaco uit die Woord vir ons verduidelik - nie oor wat mense bespiegel oor die konflik in die MIdde-Ooste nie, maar Profetiese Woord, opgeteken in die Bybel.

Vir 'n Bybels-teologiese perspektief oor Israel se verlede, hede en toekoms, kliek op hierdie skakel: https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/2231/4590
1 Nov 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 18 April 2025

Wat 'n voorreg om op hierdie spesiale dag te kan uitsaai. Die dag waarop ons die grootste gebeurtenis vir die mensdom ooit gedenk - ons Messias wat namens die mens die satan en sy hel oorwin het!! Om oor hierdie kosbare oorwinning te gesels, kuier Past. Phillip Pretorius by my…
18 Apr 1 hr 19 min

Delf Steeds Dieper - 11 April 2025

Heerlik om mense van wie se betsaan jy nie geweet het nie, skielik op sosiale media te ontmoet! Nadia Roux is iemand wat ekself nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie, maar wat ‘n getuienis het hierdie meisie nie!! Die oproep van ons Vader ontvang, in Wes Afrika gaan…
11 Apr 1 hr 27 min

Delf Steeds Dieper - 4 April 2025

Dit was onlangs ‘n voorreg om Hugo van Niekerk in Delf Steeds Dieper uit te saai. Daar was soveel navraag en reaksie op sy verduideliking van die nood om die Evangelie van Verlossing aan verlore gaande volke te verkondig, dat ons Hugo terug genooi het om dieper te vertel!! Het…
4 Apr 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 28 Mrt 2025

Wat is die grootste iets wat ons vir mekaar kan doen – dalk om mekaar te seën? Wat verstaan ons van seën? Prof Wentzel Coetzer, lank verbonde aan Potchefstroom se universiteit, gesels oor die wonder van seën! Moet hierdie gesprek nie misloop nie!! Elizabeth Jordaan sal weer die program afsluit…
28 Mar 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 21 Mrt 2025

Daar gebeur dinge in Afrika waaroor niemand praat nie. Diegene wat glo in Jesus Christus word ter wille van hulle geloof aangeval en selfs doodgemaak. Die Liggaam van Christus moet weet daarvan sodat ons kan bid oor die situasie! Hugo van Niekerk weet meer van hierdie dinge as die gewone…
21 Mar 1 hr 29 min