Mbumba sê die mense se wil sal geskied

--:--
Dis natuurlik stemdag in Namibië en twee hoë-profiel amptenare het reeds hulle stemme uitgebring. Terwyl daar wel uitdagings by sommige stemlokale is wat nog nie oopgemaak het nie, het president Nangolo Mbumba reeds gestem. Hy doen ‘n beroep op die publiek om te stem.
27 Nov 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan

Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie…
27 Nov 11PM 1 min

Plastiekbesoedeling: Namibië is ver agter, sê Brown

Afgevaardigdes van 175 lande het in Busan, Suid-Korea, vergader vir die vyfde ronde van samesprekings oor 'n internasionale verdrag om plastiekbesoedeling te bekamp. In Namibië is 'n plastiekheffing wat in Augustus 2019 ingestel is, daarop gemik om die gebruik van plastieksakke te ontmoedig, besoedeling te verminder en die herwinning van…
27 Nov 11PM 1 min

Chaos op stemdag, opposisie raak oproerig

Stemdag het laat Woensdagnamiddag in chaos ontaard met stembriewe wat by verskeie stemlokale opgeraak het, toerusting wat afgeskakel het oor hitte, ‘n tekort aan vingerafdruk-verifieerders en meer. Talle kiesers het ure in rye gestaan met frustrasie wat vroegaand begin opbou het. Stemlokale is toe laatnag opdrag gegee om oop te…
27 Nov 10PM 1 min

Padongelukkefonds keer bedrog van R65 miljoen

Die Padongelukkefonds het oor drie jaar bedrieglike eise van 65 miljoen Suid-Afrikaanse rand voorkom en 2 031 sake afgekeur. Onlangse suksesse sluit in 'n vonnis van vyf jaar vir Siyabulela Kima oor 'n vals eis van 8,3 miljoen rand. Die uitvoerende hoof van die Fonds, Collins Letsoalo, beklemtoon samewerking om…
27 Nov 10PM 1 min