’n Sterk fondament in tye van onsekerheid

Loading player...
Arno van Niekerk open hierdie program met ‘n bemoedigende Woord vir ons mense van Suid Afrika. Ons leef in tye waar ons waarlik op die regte dinge moet fokus en ons saak met ons Maker op vaste fondamente moet bou. Dr Eunice van der Merwe is die tweede gas in hierdie program. Ons ken haar as ‘n dame wat ‘n intense studie maak van salwing en veral ook die olies wat gebruik word vir salwing. Eunice bied ook weer ‘n kursus aan waarin sy ons leer oor die wonder-gawe van salwing.
Daarna neem Elizabeth Jordaan ons verder op die roete van Andrew Murray. Wat ‘n merkwaardige man van wie ons so baie leer. Dat hy selfs die gebruik van sy stem moes verloor om intense waarhede te snap en ook vir ons te leer!
Luister gerus en leer!
24 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 21 Feb 2025

In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, is Este se eerste gas Dr Derheta du Raan, ‘n dame wat baie diep en besonder ver delf na WAARHEID. Om na haar te luister is om aangemoedig te word om dieper te dink oor dinge wat ons gedink het ons verstaan, maar…
21 Feb 1 hr 27 min

Delf Steeds Dieper - 14 Feb 2025

Arno van Niekerk open die program met 'n bemoedigende woord om die volk op te roep tot fokus op ons Vader. Careen Visagie, 'n dieetkundige, gee graag raad oor gesonde eetgewoontes. Kom ons eet onsself gesond! Elizabeth Jordaan neem ons verder op die kosbare lewenspad van Andrew Murray.
14 Feb 1 hr 30 min

Delf Steeds Dieper - 7 Feb 2025

Vandag se program word geopen met die kosbare Godsman Hugo van Niekerk. Hy leer ons in hierdie bydrae oor die verhouding tussen man en vrou. Hoe staan ons voor ons Vader-God teenoor mekaar? Daarna kom Jamie en Lea Peters aan die beurt, twee mense uit die VSA wat reeds jare…
7 Feb 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 31 Jan 2025

Este se seun Coert, sy vrou Ilze en hulle kinders het gedurende die Julie skoolvakansie, in Jerusalem gaan kuier. Hulle was vir ‘n week by Martie Nel in Beit Chay. Coert, sy vrou Ilze en hulle drie kinders, Amelie, Marcel en Beth vertel van hulle belewenis in Israel. Daarna gesels…
31 Jan 1 hr 30 min

Delf Steeds Dieper - 17 Jan 2025

In Matt. 4:10 praat ons Messias met satan as Hy vir hom sê: "Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien." Maar wat beteken dit regtig en wat behels dit om die Lewende God te aanbid? Hierdie vraag en veral…
17 Jan 1 hr 29 min