
Gewone mense kan nie huise bekostig nie: LPM
Loading player...
Stad Windhoek benodig minstens 7 miljard Namibiese dollar om die behuisingstekort aan te spreek. Die hoofstad se bevolking groei jaarliks met 3,1 persent en informele nedersettings met 6,1 persent. In ‘n poging om die situasie te beredder, word verskeie beleidsingrypings en behuisingsinisiatiewe van stapel gestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Landless People’s Movement gepraat. Hy verduidelik die druk wat die huismark op inwoners plaas.