BTW in SA styg met 0,5 persentasiepunte

Loading player...
Finansminister Enoch Godongwana het 'n plan aangekondig om die BTW-koers teen 2026/'27 tot 16-persent te verhoog. Die BTW-koers sal op 1 Mei met 0,5-persentasiepunte styg en op 1 April volgende jaar met 'n bykomende 0,5-persentasiepunte. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê die verhoging word benodig om staatsbesteding aan noodsaaklike dienste soos gesondheid, onderwys, vervoer en sekerheid te ondersteun.
12 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nie alle Namibiërs vry, sê Nahas

Cassingadag word jaarliks op 4 Mei herdenk. Dit is die datum waarop meer as 600 mense, insluitend vroue en kinders, deur Suid-Afrikaanse magte vermoor is by 'n Namibiese vlugteling-transito-nedersetting in Cassinga, in die suide van Angola. Vanjaar herdenk Namibië 47 jaar sedert die slagting in 1978, onder nuwe president Netumbo…
4 May 6AM 1 min

Kleinvee-uitvoere gedy ná reën

Die reënval het gelei tot 'n merkbare toename in die verkope van kleinvee en die tekorte by Farmers’ Meat Market is nou aangespreek. Dit verseker 'n toename in uitvoervolumes. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, Sven Thieme, gepraat. Hy sien uit na 'n goeie…
4 May 5AM 1 min

Ondersoek kom na misdade uit apartheidsera

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om ’n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys…
4 May 4AM 1 min

'Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid'

The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is…
4 May 3AM 1 min

Omaheke ernstig oor kinderveiligheid

Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte…
4 May 1AM 1 min